Om die Sabbat te VerstaanVoorbeeld

Understanding the Sabbath

DAG 2 VAN 4

Wat Die Sabbat Nie Is Nie  

Om die sabbat te gedenk was 'n baie belangrike aspek van die Joodse geloof. Joodse geleerdes het vir baie jare hieroor gedebatteer. In plaas daarvan om te rus en tyd saam met die Skepper deur te bring, was hulle meer besorgd om te toon dat hulle die wet gehoorsaam. 

Toe Jesus aarde toe gekom het, het Hy ook sy openbare bediening op die sabbatdag begin. Nie net het sy intrede in die wêreld nié aan die verwagtinge van die Joodse geestelike leiers, genaamd Fariseërs, voldoen nie, Hy ontwrig ook geheel en al hulle reëls oor die sabbat. 

Daar is 'n lang bespreking oor die sabbat in Matteus 12. Hier het Jesus en sy dissipels deur gesaaides geloop en hulle was honger, dus het hulle hulself gevoed. Hulle het van die koringare gepluk en dit geëet op die sabbat. Nie 'n probleem nie, reg? Verkeerd. In die oë van die Fariseërs het dit beteken hulle het "geoes", wat totaal verbode was op die sabbat.

Jesus spreek hul beskuldigings aan deur te verwys na 'n verhaal in die "Skrif," of Ou Testament, waar koning Dawid en sy vriende honger was en uiteindelik die wet oortree het deur van die brood te eet wat uitsluitlik vir die priesters bedoel was. Hy het geëindig deur te sê: "Die Seun van die mens is immers Here oor die sabbat” (Matteus 12:8). 

As dit die genoeg was om die geestelike leiers te ontstel deur koringare op die sabbat te pluk nie, sou Jesus se volgende skuif dit wel doen. Hy het na die sinagoge gegaan en 'n man met 'n gebreklike hand gesien. Jesus sê vir die man om sy gebreklike hand uit te steek, en toe hy dit doen, was dit genees. Sommer net so. In plaas daarvan om ontsag te toon vir Jesus se krag, besluit die Fariseërs dat dit tyd was om Jesus se dood te beplan. 

Die Fariseërs was so besorgd oor die "reëls" wat Jesus op die sabbat verbreek het, dat hulle geheel en al vergeet het van die mense. Hulle het klaarblyklik die hele doel van die sabbat gemis deur dit slegs te sien as nog 'n reël om na te kom; en nie gesien dat dit eintlik daar was tot hul voordeel nie. In werklikheid was dit 'n geskenk van God vir hulle om aan deel te neem. God het vir hulle 'n volle dag gegee om te rus en die wêreld wat Hy geskep het, te geniet, tog het hulle nie omgegee nie. 

In Eksodus 20:10 is die Hebreeuse woord vir werk mela'kah, wat beroep of besigheid beteken. Die sabbat was daar om nie te werk nie. Dit sê niks van om mense te help nie. Vir die Fariseërs was dit veel belangriker om die sabbat te gedenk as om te sien hoe iemand gesond word. Jesus gee egter geen opdragte of beperkings teen goeie dade in mense se lewens nie. Hul oë was gerig op die "hoe" gedeelte van hoekom God dit voorsien en beveel het. Om van werk te rus beteken egter nie dat goeie dinge moet ophou nie. God is goed en Hy doen goed ... selfs op die sabbat.

Die Skrifgedeelte oor die sabbat is minder gerig op 'n "hoe om" en "wanneer om" hierdie reël te gehoorsaam. Daar is 'n doel vir die sabbat en dit behoort ons fokus te wees. Dit lei die verskil tussen wet en beginsel in. Die wet is streng en dit verbied. Beginsels is buigsaam en bring vryheid.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Understanding the Sabbath

Die meeste van ons is oorwerk en heeltemal uitgeput, dus is die begrip van sabbat belangriker as ooit. Om die sabbat te eer, beteken om dit "heilig te hou", en heilig beteken eenvoudig om dit "af te sonder". Ons sabbat behoort anders te lyk as die ander ses dae van die week. In hierdie leesplan gaan ons bespreek wat dit is, wat dit nie is nie, hoe dit lyk, en om ware rus in Jesus te vind.

More

Hierdie oorspronklike leesplan is geskep en verskaf deur YouVersion