Noodsaaklike Kwaliteite van KoninkrykleiersVoorbeeld

Essential Qualities of Kingdom Leaders

DAG 4 VAN 4

HOORDERS EN DADERS VAN DIE WOORD

 "Julle moet doen wat die woord sê en dit nie net aanhoor nie, anders bedrieg julle julleself. Iemand wat altyd net die woord aanhoor en nooit doen wat dit sê nie, is soos een wat na sy gesig in 'n spieël kyk: hy bekyk homself, gaan van die spieël af weg en vergeet dadelik hoe hy gelyk het. Maar iemand wat hom verdiep in die volmaakte wet wat 'n mens vrymaak, en hom daaraan hou en nie vergeet wat hy hoor nie, maar dit doen, hy sal gelukkig wees in wat hy doen" (Jakobus 1:22-25).

Koninkrykleiers is genoodsaak om volgens die Woord van God te leef en 'n voorbeeld vir die wêreld te stel. Dit word van ons verwag om God se standaard te handhaaf in alles wat ons sê en doen. Daar is mense wat nog nooit die Bybel gelees of 'n kerkdiens bygewoon het nie. Dis die rede hoekom ons lewe 'n lewendige sendbrief (brief) moet wees wat mense kan lees. Ons optrede en lewenswyse stuur 'n boodskap uit wat die koninkryk verteenwoordig. Die Woord van God behoort in ons te lewe — vir almal om te sien.

VRAAG: Is my lewe en leierskap in ooreenstemming met die Woord van God?

Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Essential Qualities of Kingdom Leaders

In die sakewêreld word na leierskapsvaardighede soos invloed, oorspronklikheid, visie en deursettingsvermoë gesoek. Hierdie eienskappe is sleutelelemente van leierskap. Vir koninkrykleiers is daar 'n standaard — belangrike kwaliteite — wat ons moet hê om die verwagtinge van die wêreld te oortref. Hierdie leesplan fokus op vier van die menige deugde wat elke koninkrykleier behoort te hê.

More

Baie dankie aan "Ekklesia International" wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://EkklesiaInternational.org