Noodsaaklike Kwaliteite van KoninkrykleiersVoorbeeld
EERLIKHEID
"Geliefdes, in die wêreld is julle vreemdelinge en bywoners. Daarom dring ek by julle daarop aan om nie aan sinlike begeertes toe te gee nie. Dit verwoes net 'n mens se lewe. Gedra julle altyd goed onder die heidene sodat, al praat hulle kwaad van julle asof julle misdadigers is, hulle julle voorbeeldige lewe kan sien en God kan verheerlik op die dag van afrekening" (1 Petrus 2:11-12).
Die woord eerlik in die antieke Grieks, het beteken om sedelike mooi eienskappe te hê. Vandag verstaan ons dit om met waarheid te leef; opreg, met integriteit en mense nie te mislei of bedrieg nie. Koninkrykleiers behoort nie verskuilde motiewe te hê of mense te bedrieg nie, maar eerder 'n onberispelike goeie naam te hê en bekend vir hulle eerbaarheid te wees. Eerlikheid sal veroorsaak dat mense wat koninkrykleiers in 'n slegte lig wil stel, eerder hulle goeie werke sal aanskou en God verheerlik.
VRAAG: Wat sien die wêreld as hulle na my kyk?
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
In die sakewêreld word na leierskapsvaardighede soos invloed, oorspronklikheid, visie en deursettingsvermoë gesoek. Hierdie eienskappe is sleutelelemente van leierskap. Vir koninkrykleiers is daar 'n standaard — belangrike kwaliteite — wat ons moet hê om die verwagtinge van die wêreld te oortref. Hierdie leesplan fokus op vier van die menige deugde wat elke koninkrykleier behoort te hê.
More