Dapper GebedeVoorbeeld
Gebreek En Uitgestort
Weet jy wat nie baie sin maak nie? Om te vra om gebreek te word. Weet jy wat anders maak nie sin nie? 'n Volmaakte God wat sy onskuldige Seun prysgee in ruil vir groter nabyheid aan 'n verflenterde klomp sondaars soos ons. Waarom bid ons hierdie gevaarlike "breek my"-gebed? Want dit is die enigste rasionele reaksie op Jesus, wat vir ons gebreek is.
Tydens Jesus se laaste maaltyd saam met sy goeie vriende, het Hy brood geneem, dit gebreek, en omgestuur terwyl Hy dit sy liggaam noem. Later het Hy wyn geskink en dit sy bloed genoem. Ons noem nou hierdie sakrament "nagmaal". Jesus het ons gevra om die nagmaal voort te sit ter herinnering aan Hom, en ons doen dit. Miskien wou Hy nie hê ons moet net brood breek en wyn skink as 'n sakrament in ons kerkgemeenskappe nie. Miskien wou Hy ook hê dat ons gebreek en uitgestort word vir die mense met wie ons in gemeenskap is. Miskien, toe Hy vir ons gesê het om aan te hou doen wat Hy gedoen het, het Hy elke woord bedoel!
Dink daaroor. As die navolging van Christus 'n reis is om meer soos Hy te word, dan behoort nagmaal nie net simbolies te wees van wat Christus gedoen het nie, maar ook 'n voorbeeld vir wat ons nog steeds doen. Om God te vra om ons te breek, is nie net 'n gebed vir 'n hoër vlak Christen nie. Dit is eintlik waar Christenskap begin. Sonder gebrokenheid is daar geen behoefte aan 'n Verlosser nie.
In Markus, net voor die verhaal oor die nagmaal, is daar die vertelling van 'n vrou wat 'n duur fles parfuum oopgebreek en oor die voete van Jesus uitgegooi het. Hierdie parfuum sou gelykstaande aan 'n jaar se lone wees, en sy het dit voorheen in haar beroep gebruik om mans uit te lok. Binne 'n oomblik het sy egter haar verlede oopgebreek en haar toekoms in aanbidding aan die voete van Jesus uitgestort. Vandag moet ons dieselfde doen.
Bid: Jesus, U is vir my gebreek. Dit is net reg dat ek vir U gebreek word. Jesus, ek wil my lewenstaak, my wêreldse besittings, my gawes en vermoëns aan u voete uitstort. Ek het u hulp nodig om dit te doen. Sal U my breek? Amen.
Aangaande hierdie leesplan
God is altyd goed, maar dit beteken nie dat Hy altyd veilig is nie. Hierdie Life.Church leesplan daag lesers uit om drie dapper gebede te bid: deursoek my, stuur my en breek my. Waag dit om vandag te begin lees, en jou lewe sal 'n vreesaanjaend-goeie wending neem.
More