Soek God DaardeurVoorbeeld
Die lewe bied baie uitdagings, en vir sommige mense begin dit op 'n jong ouderdom. Tussen die ouderdomme 5-18 jaar het ek met gedagtes oor selfmoord geworstel; ook met woede, depressie en angs. Selfs nadat ek my hart aan Christus gegee het, het ek steeds 'n stryd met hopeloosheid gehad. Ek het baie boodskappe oor geloof en die liefde van God gehoor wat my vertroos het, maar my nooit verander het nie. Die werklikheid was dat daardie boodskappe my slegs die nodige moed gegee het om deur die volgende week te kom. Die duisternis, depressie, angs en my stryd om te lewe en te vergewe was nog steeds oorheersend.
Ek het myself dikwels probeer dwing om geloof te hê en my lyding te ontleed. Ek wou nie 'n depressiewe Christen wees nie. Ek was depressief en ’n ateïs, om dus depressief en ’n Christen te wees, het nie sin gemaak nie. (Ek kry dit heel goed reg om op my eie sleg te voel!)
Eers toe ek God begin soek het, het ek ontdek dat vrede moontlik is en dat dit in sy teenwoordigheid gevind word.
Met die Heilige Gees se leiding, word ons stelselmatig meer volwasse in die vrede van God.
Ek glo Job is die persoon met wie ons onsself die meeste kan vereenselwig wanneer dit by trauma en depressie kom. Job het herhaaldelik gesê dat hy wens hy is nooit gebore nie. Sy lewenservaringe het hom laat voel dat dit nie die moeite werd is om te leef nie.
Voel dit ook vir jou dat slegte dinge aanmekaar met jou gebeur? Dat dit nie saak maak wat jy doen of nie doen nie, die lewe hou net aan om jou seer te maak en te verneder? Dit is in so 'n tyd dat ons God moet soek, al wil ons nie regtig nie.
Glo my, om God te soek is nie so moeilik as wat ons geneig is om te dink nie. Dit verg net toewyding. Wanneer ons egter teen iets opsien omdat ons dink dis moeilik, word ons dadelik van ons toewyding ontmoedig.
Begin soek dus na God met die ingesteldheid van ek gaan dit geniet, en nie 'n onbuigbare ingesteldheid nie.
Dag: 1
- Laat aanbidding jou eerste aktiwiteit in die oggend en laaste aktiwiteit in die aand wees. Hoe lank, hang van jou af. Terwyl jy aanbid, fokus op wie Hy is.
Aangaande hierdie leesplan
Depressie. Angs. Sekere insidente en traumatiese gebeure kan 'n verstandelike, emosionele en geestelike tol van ons eis. Gedurende hierdie tye is dit moeilik en voel selfs oorbodig om God op te soek. Hierdie leesplan, "Soek God Daardeur" het ten doel om jou te bemoedig en te leer hoe om proaktief in die teenwoordigheid van God te wees sodat jy, ongeag jou situasie, die vrede van God kan ervaar.
More