Hoe om Jou Lewe te GenietVoorbeeld

Hoe om Jou Lewe te Geniet

DAG 3 VAN 3

Kan Hierdie Vreugde Regtig Myne Wees?

 Tot dusver het ons gekyk na ‘n lewe gevul met die vreugde van die Here. En miskien het jy dit gelees en gedink: “Wel, ek hoor wat jy sê en miskien wil God vreugde in jou lewe gee, maar Hy sal dit nooit vir my doen nie.”

As jy dit gedink het, sou jy nie die enigste een wees nie.

Ek dink dit gebeur omdat die vreugde van die Here so wonderlik en so perfek lyk, dat dit amper te goed is om waar te wees.

Tog het Jesus gesê dat dit eg is, en dat dit vir jou en my is. Om dit te illustreer, het Hy 'n verhaal vertel om te wys presies hoe God daaroor voel wanneer Hy iemand soos ek en jy seën.

Dit word die Verlore Seun genoem. Jy kan dit vind in Lukas 15:11-31. Dit handel oor 'n seun wat sy erfenis van sy vader eis en dan alles uitgee en uiteindelik in 'n varkhok beland. Hier treur hy vol skaamte en hy is so honger dat hy wens dat hy die varke se kos kon eet.

As ons van ver af die genade van God betrag — en sy liefde en vreugde —  is ons 'n bietjie soos hierdie verlore seun. Ons weet so vaagweg iets van die goedheid van God, maar ons weet ook dat ons niks daarvan verdien nie.

Die beste besluit wat die verlore seun ooit in sy lewe gemaak het, was om hoed in die hand huis toe te gaan.

Hoekom? Want toe sy pa hom sien, hardloop hy die straat af en gooi sy arms om die seun. Daar was geen preek, geen straf, geen veroordeling nie. Daar was net Pa wat met oordadige vreugde sy seun omhels.

Jesus het hierdie verhaal vertel om aan ons te verduidelik wat God se gesindheid is, en om ons te wys dat God sy vreugde met ons wil deel.

Ons kan in ons eie verknorsing sit en wens dat dinge sal verander. Maar die beste ding wat ons kan doen, is om tot die besef te kom dat ons vir God nodig het en dadelik na Hom toe terug moet gaan.

Wanneer ons dan na Hom terugkeer, giet Hy sy Gees in ons uit. Hy het ons lief en Hy vul ons met onuitspreeklike vreugde! Hy kan dit nie help nie; dit is wie Hy is! Hy is so lief vir jou en my. Hy is liefde.

Dankie Vader daarvoor.

VRAE VIR OORDENKING:

  1.  Lees die verhaal van die verlore seun in Lukas 15:11-31. Laat die woorde regtig insink. Watter deel van die verhaal spreek ten diepste tot jou? 
  2.  Voel jy ooit dat jy nie goed genoeg is om God se seun of dogter genoem te word nie? Waarom dink jy voel jy soms so? 
  3.  Wat dink jy sou God — jou vreugdevolle, liefdevolle Hemelse Vader — vir jou sê, as jy Hom vertel hoe jy voel? 


Gebruik hierdie geleentheid om hierdie gebed te bid: Here, ek is soos daardie verlore seun in die verhaal wat Jesus vertel het. Ek is daardie persoon. Maar vandag draai ek my lewe terug na U. Ek weet ek verdien dit nie, maar ek vra U met my hele wese, om my tot oorlopens te vul met u vreugde. Laat u vreugde my krag word. Amen.

Ontdek elke dag God se Woord VARS net vir jou. Ontvang die daaglikse FRESH oordenking in jou e-posbus! 

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Hoe om Jou Lewe te Geniet

Dis nie maklik om ‘n diep, lewegewende vreugde in 'n wêreld vol uitspattige, maar uiteindelik oppervlakkige plesier, te vind nie. Nou-ja, hoe kom jy weg van die spanning en afleiding en beleef God se ewige vreugde? Hierdie kragtige nuwe reeks van die skrywer Berni Dymet, wys hoe jy die diep bevrediging wat ‘n verhouding met God vir jou inhou, kan ervaar - en jou lewe waarlik kan geniet.

More

Ons wil graag Christianityworks bedank vir die verskaffing van hierdie lleesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://christianityworks.com/