Hoe om Jou Lewe te GenietVoorbeeld

Hoe om Jou Lewe te Geniet

DAG 2 VAN 3

Die Vreugde van die Here gee jou Krag

As dit kom by die ervaring van vreugde in ons lewens, dink die meeste van ons dat vreugde en smart onversoenbaar is. Jy kan geen vreugde ervaar as jy onder druk is of iemand wat jy liefgehad het, pas verloor het nie.

Ons dink ook dat jy vreugde ervaar as jy gelukkig is, nie as jy deur hartseer of pyn worstel nie. Maar ... is dit nou heeltemal korrek?

Dit is wat ons vandag gaan ondersoek: Is daar 'n vorm van vreugde wat deur ons pyn en lyding voortduur? Want as daar is, kan dit 'n hemelsbreë verskil maak.

Om dit vas te stel, hoef ons nie verder te soek as daardie donker, gevaarlike, vreesagtige dae wat gelei het tot Jesus se kruisiging nie. Sy dissipels moes vreesbevange gewees het ... en kyk wat Jesus vir hulle sê: 

Dit sê Ek vir julle sodat my blydskap in julle kan wees en julle blydskap volkome kan wees." (Johannes 15:11)

Jesus wou hê dat sy vreugde hulle moes vul (ten spyte van die feit dat hulle vir hulle lewens gevrees het) en hul vreugde volkome moes wees.

Jare later verduidelik die skrywer van die Brief aan die Hebreërs dit vir ons so:

Terwyl ons dan so 'n groot skare geloofsgetuies rondom ons het, laat ons elke las van ons afgooi, ook die sonde wat ons so maklik verstrik, en laat ons die wedloop wat vir ons voorlê, met volharding hardloop, die oog gevestig op Jesus, die Begin en Voleinder van die geloof. Ter wille van die vreugde wat vir Hom in die vooruitsig was, het Hy die kruis verduur sonder om vir die skande daarvan terug te deins, en Hy sit nou aan die regterkant van die troon van God.” (Hebreërs 12: 1-2)

Nou ja, dit is regtig interessant. Dit vertel ons dat Jesus geweet het dat die vreugde kom — sy heerlikheid in die hemel — en dit het Hom daardie onbeskryflike ervaring om aan 'n kruis vasgespyker te word, laat verduur. Sien jy dit? 

Dit was ter wille van die vreugde wat Jesus die trauma van die kruis verduur het.

In die Ou Testamentiese boek Nehemia, sien ons hoe gebroke Israel was toe hulle besef hoe ver hulle van God afgedwaal het. Maar kyk wat Esra, die priester en die skrywer, vir hulle gesê het:

“Hierdie dag word gewy aan die Here julle God. Moenie treurig wees nie, moenie huil nie ... as julle die Here met blydskap dien, sal Hy julle beskerm.” (Nehemia 8:10,11)

God se blydskap, die vreugde van die Here, is ons krag.

Sy vreugde het die mense deur hul hartseer ondersteun. Sy vreugde het Jesus die kruis laat verduur. En sy vreugde kan jou en my ondersteun deur die lewe se hartseer, lyding, pyn en verlies.

Wanneer daar dus beproewings kom, wanneer daar lyding kom, het ons die krag om dit te verduur en as versoekings kom het ons die krag om staande te bly. Ons word nie humeurig, kla of hardloop weg nie, maar durf ons beproewings met danksegging, lof en vreugde aan. 

Dit is God se plan. Halleluja!

 VRAE VIR OORDENKING

  1. Wanneer was die laaste keer wat jy gely het? Wanneer was die laaste keer wat jy pyn ervaar het? Hoe het dit jou laat voel?
  2.  Het jy die vreugde van die Here ervaar te midde van daardie pyn en lyding? Indien nie, hoekom nie? 
  3.  Gaan terug na Nehemia 8:10,11. Laat daardie woorde insink; die vreugde van die Here is jou krag. Wat probeer Esra aan God se mense oordra? Wat sê God nou deur sy Woord vir jou? 

  

Voeg die Daad by die Woord:  

Bestee tyd in gebed en vra dat God jou die vreugde sal gee wat Hy aan die Israeliete, die dissipels en selfs aan Jesus gegee het — 'n vreugde te midde van hartseer en pyn. 

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Hoe om Jou Lewe te Geniet

Dis nie maklik om ‘n diep, lewegewende vreugde in 'n wêreld vol uitspattige, maar uiteindelik oppervlakkige plesier, te vind nie. Nou-ja, hoe kom jy weg van die spanning en afleiding en beleef God se ewige vreugde? Hierdie kragtige nuwe reeks van die skrywer Berni Dymet, wys hoe jy die diep bevrediging wat ‘n verhouding met God vir jou inhou, kan ervaar - en jou lewe waarlik kan geniet.

More

Ons wil graag Christianityworks bedank vir die verskaffing van hierdie lleesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://christianityworks.com/