Ken die Liefde - 'n Studie van 1, 2 en 3 JohannesVoorbeeld

Ken die Liefde - 'n Studie van 1, 2 en 3 Johannes

DAG 28 VAN 29

Lees: 3 Johannes 1:9-15  

SOAP - 3 Johannes 1:11

Liewe Gaius, moenie die verkeerde voorbeeld volg nie, volg die goeie. Wie goed doen, behoort aan God; wie verkeerd doen, het nie vir God gesien nie. 

Oordenking

Johannes se waarskuwing lyk taamlik op die man af; moenie boosdoeners navolg nie; doen wat goed is; volg diegene na wat die waarheid en goeie liefhet. Dieselfde voorskrif kom in Psalm 1 voor. Ons word almal met versoekings gekonfronteer om te doen wat verkeerd is. Soms faal ons en maak verkeerde keuses, ander kere staan ons vas en doen wat reg is. Die stryd tussen goed en kwaad is fel, selfs in ons eie harte. 

Johannes verduidelik selfs verder dat diegene wat goed doen, aan God behoort en nie dié wat kwaad doen nie. Hy ontsien niemand nie. Dit beteken nie dat ons nie Christene is as ons iets verkeerd doen nie, maar as ons voortdurend kwaad najaag, dui dit op ‘n hart wat nie verander het nie. Die hart wat verander het, streef die goeie na want dit weet dit is wat God behaag.

Gebed

Here ek erken dat dit soms moeilik is om te doen wat reg is, veral wanneer dit ander nie eintlik skeel nie. Help my om u weë in so ‘n mate lief te hê dat dit my hart warm sal laat klop om die regte ding te doen. Ek loof en dank U dat U my voordurend vergewe wanneer ek misluk. U genade verbyster my. Amen.

Dag 27Dag 29

Aangaande hierdie leesplan

Ken die Liefde - 'n Studie van 1, 2 en 3 Johannes

In hierdie briewe het Johannes die diepe verband tussen liefde en gehoorsaamheid verduidelik. Johannes se aanmoediging vir alle gelowiges om mekaar lief te hê is vandag net so toepaslik as wat dit in die eerste eeu was. Hierdie studie ondersoek hoe die liefde van Christus ons nie net verander nie, maar ook die wêreld verander deur ons gehoorsaamheid aan sy opdragte.

More

Ons bedank Love God Greatly Afrikaans vir die verskaffing van hierdie plan: http://lovegodgreatly.com/