Ken die Liefde - 'n Studie van 1, 2 en 3 JohannesVoorbeeld
Lees: 1 Johannes 5:13-21
SOAP - 1 Johannes 5:14–15
En nou kan ons met vrymoedigheid na God gaan, omdat Hy ons gebede verhoor as ons enigiets volgens sy wil vra. En aangesien ons weet dat Hy ons gebede verhoor as ons iets só vra, weet ons ook dat ons kry wat ons van Hom vra.
Oordenking
Johannes wou sy lesers aanmoedig om seker te wees van hul ewige verlossing. Al wat nodig is, is dat ons ons geloof in Jesus plaas. As ons dit doen, is ons gered (vers 13).
Hierdie sekerheid van verlossing moet ook vir ons sekerheid gee in ons gebedslewe. God hoor sy kinders se gebede. Hy wil hê dat ons na Hom toe moet kom en met Hom kom praat. Hy wil hê dat ons ons harte moet uitstort, ons sondes bely en vra vir die dinge wat ons nodig het. Dit beteken nie dat al ons versoeke beantwoord sal word soos ons wil hê dit moet beantwoord word nie. God weet wat die beste vir ons is, al lyk dit nie altyd vir ons of Hy ten goede meewerk nie.
Dit is ons geloof wat ons toelaat om God se wil vir ons te aanvaar. Ons geloof gee ons hoop en sekerheid dat ons God se doel in ons lewens kan vertrou, selfs al verstaan ons nie altyd wat God doen nie.
Gebed
Here, dankie dat ek sonder oordeel of veroordeling in gebed voor U kan kom. Dankie dat U wil hê dat ek my hart by U uitstort. Versterk asseblief my geloof sodat ek die manier waarop U my gebede beantwoord, kan aanvaar en U kan prys te midde van antwoorde wat ek nie verstaan nie. Amen.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
In hierdie briewe het Johannes die diepe verband tussen liefde en gehoorsaamheid verduidelik. Johannes se aanmoediging vir alle gelowiges om mekaar lief te hê is vandag net so toepaslik as wat dit in die eerste eeu was. Hierdie studie ondersoek hoe die liefde van Christus ons nie net verander nie, maar ook die wêreld verander deur ons gehoorsaamheid aan sy opdragte.
More
Ons bedank Love God Greatly Afrikaans vir die verskaffing van hierdie plan: http://lovegodgreatly.com/