Die Selfversekerde Vrou OordenkingVoorbeeld

The Confident Woman Devotional

DAG 13 VAN 14

Stil Innerlike Selfvertroue

Deur die jare het baie mense my probeer terughou van God se roeping vir my lewe. Daar was diegene wat nie verstaan ​​het wat ek doen en hoekom ek dit doen nie, dus het hulle my vals veroordeel. Hulle kritiek en oordeel wou my soms laat moed verloor en vergeet van God se visie vir my lewe.

Ek het egter 'n groot God in my wat my laat opstaan en verhoed dat ek moed verloor. Hy het my laat opstaan en ek was vasbeslote om vorentoe te gaan, ongeag wat ander gedink, gesê of gedoen het. Dit was nie altyd maklik nie, maar ek het uit my ervaring geleer dat om gefrustreerd en onvervuld buite die wil van God te wees, moeiliker is as om deur al die teenstand voort te gaan.

Om van binne op te staan, beteken nie om opstandig of 'n aggressiewe houding ​​te hê teenoor hulle wat ons nie verstaan nie. Dit beteken om 'n stil innerlike selfvertroue te hê wat ons tot by die wenstreep neem. Dit is om van binne te weet dat ten spyte van wat buite my gebeur, alles reg gaan wees, want God is op die toneel en wanneer Hy teenwoordig is, is niks onmoontlik nie.

Bid: Here, u teenwoordigheid in my lewe verander my. Help my om langs U te staan ​​in alles wat U wil hê ek moet doen en sê en wees. Amen.

Uit die boek "The Confident Woman Devotional" deur Joyce Meyer. Kopiereg 2011 deur Joyce Meyer. Gepubliseer deur FaithWords. Alle regte voorbehou.
Dag 12Dag 14

Aangaande hierdie leesplan

The Confident Woman Devotional

Vroue is 'n kosbare geskenk van God aan die wêreld. Jy is kreatief, deernisvol, intelligent en, volgens die Bybel, gelyk aan mans. Jare se misbruik en verkeerde sienings van vroue het egter veroorsaak dat baie van julle die selfvertroue verloor het wat God wil hê jy moet geniet. Jy voel dalk dat jy op een of ander manier "minder" as mans is. Minder waardevol. Minderwaardig. Die waarheid is, jy is baie waardevol vir die samelewing, maar nog belangriker — vir God. God wil hê dat jy moedig, gerespekteer, bewonder, bevorder, gesog en bowenal, geliefd moet wees. En jy kan! Hierdie daaglikse oordenkings sal jou lei na 'n selfversekerde lewe gevul met liefde, lag en sy aanvaarding. Skryf daarop in. Kleurmerk dit. Maak die reis jou eie.

More

We would like to thank Joyce Meyer Ministries for providing this plan. For more information, please visit: www.joycemeyer.org