Die Selfversekerde Vrou OordenkingVoorbeeld
Die Gebed van Toewyding
In 'n toewydingsgebed gee ons ons lewens en alles wat ons is aan Hom oor. Ons moet onsself aan God toewy, want so kan God ons gebruik.
Wanneer ons onsself werklik aan die Here toewy, verloor ons die las om ons eie lewens te probeer bestuur. Ek sal God eerder vrywillig volg as om te sukkel om Hom te probeer oorreed om my te volg. Hy weet waarheen Hy op pad is, en ek weet ek sal my bestemming veilig bereik as ek Hom toelaat om my te lei.
Ek wy myself op 'n gereelde basis in gebed aan God toe. Ek sê: "Hier is ek, Here, maak met my soos U wil." Dan voeg ek soms by: "Ek hoop ek hou van wat u kies, Here, maar as ek nie daarvan hou nie, laat u wil geskied, en nie myne nie."
Toewyding aan God is die belangrikste aspek van sukses om onsself te wees. Ons weet nie eens wat ons veronderstel is om te wees nie, nog minder om te word wat ook al dit is. Alhoewel ons gereeld ons lewens in toewyding aan God op die altaar plaas, sal Hy doen wat in en deur ons gedoen moet word.
Bid: Here, graag wy ek myself vandag — liggaam, siel en gees — aan U toe. Neem my lewe, vorm my en gebruik my lewe tot u eer. Amen.
Uit die boek "The Confident Woman Devotional" deur Joyce Meyer. Kopiereg 2011 deur Joyce Meyer. Gepubliseer deur FaithWords. Alle regte voorbehou.

Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Vroue is 'n kosbare geskenk van God aan die wêreld. Jy is kreatief, deernisvol, intelligent en, volgens die Bybel, gelyk aan mans. Jare se misbruik en verkeerde sienings van vroue het egter veroorsaak dat baie van julle die selfvertroue verloor het wat God wil hê jy moet geniet. Jy voel dalk dat jy op een of ander manier "minder" as mans is. Minder waardevol. Minderwaardig. Die waarheid is, jy is baie waardevol vir die samelewing, maar nog belangriker — vir God. God wil hê dat jy moedig, gerespekteer, bewonder, bevorder, gesog en bowenal, geliefd moet wees. En jy kan! Hierdie daaglikse oordenkings sal jou lei na 'n selfversekerde lewe gevul met liefde, lag en sy aanvaarding. Skryf daarop in. Kleurmerk dit. Maak die reis jou eie.
More
We would like to thank Joyce Meyer Ministries for providing this plan. For more information, please visit: www.joycemeyer.org