Die Toegeruste KerkVoorbeeld
Tot in sy wese het Christus 'n onwrikbare liefde vir gemeenskappe en hul herstel gehad. Hy het tyd daaraan gewy om diegene wat na Hom toe gekom het te verwelkom, met hulle te gesels, hulle aan te moedig, vir hulle te voorsien en om hulle te genees. Dit het Hy met ywer, integriteit, passie en deernis gedoen, selfs al sou dit beteken dat Hy van sy eie planne moes afstand doen.
Christus het dikwels in die fisieke behoeftes van sy volgelinge voorsien, maar meer belangrik; Hy het aandag gegee aan die geestelike kommer wat hulle verbondenheid met die Vader kon belemmer. Sy besorgdheid oor die welstand van die skepping was nie net vir die oomblik nie, maar vir die hiernamaals. Dit spoor ons ook aan om sy weë en sy leringe te volg.
Die mate waartoe ons vir Jesus toelaat om ons denke te vorm, sal vandag die werklike gevolge in ons gemeenskappe bepaal. Hoe anders sou dit wees as ons werklik betrokke raak by diegene wat ons teëkom en hulle soos Christus benader, deur sy kern eienskappe uit te leef en sy ware ingesteldheid teenoor ander te handhaaf?
Tydens enige storm kan ons op ons Here vertrou. Aan die regterhand van God, tree Hy vir ons as Middelaar in. As gesalfdes wat ons Verlosser volg, behoort die kwesbaarste in ons wêreld op ons te kan staatmaak om die leemte in hul behoeftes te vul. Al het ons self opregte behoeftes, is die handhawing van Christus se ingesteldheid iets wat ons voortdurend moet inoefen. Ons moet bly glo dat ons sal groei as ons sy voorbeeld volg en dat dit sal bydra tot wat regtig saak maak: sy eer.
Om soos Christus te leef, verg ware nederigheid, afhanklikheid en kwesbaarheid, maar terwyl ons dit doen, moet ons vol vertroue wees dat Christus met ons is, net soos Hy by Kleopas en sy metgesel op pad na Emmaus was, selfs wanneer ons Hom nie sien nie.
Wanneer ons voor uitdagings te staan kom, kom dít waarop ons staatmaak na vore, of dit God, onsself, ander mense of finansies is. Wáár ons na veiligheid soek, is veral sigbaar in onseker tye. Dit beklemtoon nie net waaraan ons vashou nie, maar beklemtoon ook ons hart, voornemens en wat ons regtig glo.
Ons hoop in Christus is dat Hy ons Redder is. Ons sien in sy liefde vir almal dat Hy sy eie lewe prysgegee het sodat die heerlikheid van God kan seëvier. Is jy bereid om hierdie voorbeeld uit te leef?
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Mense is meer as ooit daarvan bewus dat ons ten diepste aan mekaar verbonde is. Hierdie unieke tyd is 'n geleentheid vir ons om na te dink oor hoe ons in mekaar se lyding deel, om ons fokus op God te plaas en tot 'n roeping uitleef wat nie nutteloos is bloot omdat die wêreld in die moeilikheid gedompel is nie, maar juis nou nog belangriker is om die ingrypende liefde van Christus aan die kwesbaarste in ons wêreld te bewys.
More