Die Toegeruste KerkVoorbeeld
Terwyl ons verder ontdek wie ons naaste is, moet ons ook in gedagte hou dat die begrip van "naaste" drasties verander het sedert die Skrif opgeteken is. Histories het mense in klein nedersettings gewoon en daar gemeenskappe gevorm. Hulle het op mekaar staatgemaak vir goedere en dienste. Vandag kry ons goedere vanoor die hele wêreld op ons markte. Daar is vars produkte van Argentinië, koffie uit Ethiopië, klere uit Bangladesj, elektronika uit China en motors uit Japan. Ons is nou meer aan mekaar verbind as ooit tevore.
Ons behoort nou met ander oë te kyk na hoe ons voorheen die woord "naaste" verstaan het. In die gelykenis van die barmhartige Samaritaan beskryf Jesus doelbewus die twee mans in die verhaal uit baie verskillende agtergronde. Een was 'n Jood en die ander 'n heiden. Hulle het nie dieselfde gebruike of geloof gehad nie. Hulle het mekaar nie eens geken nie.
Ons naaste is nie bloot die mense wat langs ons woon nie. Hulle is die rak pakkers in ons supermarkte en die mense wat ons rommel verwyder. Hulle is die mense wat by die moskees of tempels in ons stede aanbid. Hulle is die mense wat ons klere maak en ons voedsel in verre lande verbou.
Jesus roep ons — sy volgelinge — om ons naaste lief te hê, omdat God se liefde vir almal bedoel is. Die belofte van die evangelie is die hoop om menslike en hemelse verhoudings te herstel — 'n herstelde verhouding met God, met onsself, met mekaar en met die skepping. Hierdie belofte is 'n hoop wat vir almal gebied word, ongeag ras, godsdiens, nasionaliteit of geslag.
Jesus het gesê: “As julle my opdragte uitvoer, sal julle in my liefde bly, net soos Ek die opdragte van my Vader uitvoer en in sy liefde bly. Dit sê Ek vir julle sodat my blydskap in julle kan wees en julle blydskap volkome kan wees.”
Wat 'n wonderlike God dien ons. Jesus se opdrag aan ons is om mekaar só lief te hê, dat ons van blydskap sal oorloop. Sy koninkryk is so oorvloedig in goedheid en lig, dat Hy dit geniet om ons te roep na 'n plek waar ons die diepste vreugde kan ervaar.
Aangaande hierdie leesplan
Mense is meer as ooit daarvan bewus dat ons ten diepste aan mekaar verbonde is. Hierdie unieke tyd is 'n geleentheid vir ons om na te dink oor hoe ons in mekaar se lyding deel, om ons fokus op God te plaas en tot 'n roeping uitleef wat nie nutteloos is bloot omdat die wêreld in die moeilikheid gedompel is nie, maar juis nou nog belangriker is om die ingrypende liefde van Christus aan die kwesbaarste in ons wêreld te bewys.
More