Fokus: 'n Ses-dag Interaktiewe Oordenking Vir Kinders, Oor Geloof Voorbeeld
Om Jesus Te Ken, Help Jou Om Jou Vrese In die Gesig Te Staar
Het jy al ooit gewonder hoekom jou hart vinniger klop en jy vinniger asemhaal wanneer jy bang is? Dit is eintlik iets wonderliks. Dit is omdat jou liggaam met 'n "veg of vlug reaksie" antwoord wanneer jy vrees ervaar.
Dit werk so:
Stel jou voor jy is 'n grotbewoner van duisende jare gelede. (Ja, slaan met jou vuis op jou bors om jou in die rol in te leef.) Stel jou voor 'n sabeltandtier kom jou grot binne. Weet jy wat is op sy spyskaart vir aandete? JY.
Wat gaan jy nou doen?
- Veg. Jy gryp 'n knuppel en veg teen die tier.
- Vlug. Jy skree vir die tier: "Wat het ons daar? Is dit sowaar 45 kilogram biefstuk wat ek kan eet?!" en hoop hy skrik en hardloop weg.
Dit is presies hoe jou liggaam reageer wanneer jy bang is. Om jou gereed te maak vir veg of vlug, is daar 'n paar dinge wat in jou liggaam gebeur. Jou hart klop vinniger om meer bloed by jou spiere en brein te kry. Jy haal vinniger asem sodat jou liggaam gouer suurstof kry. Jou pupille word groter sodat jy beter kan sien.
Is dit nie wonderlik nie?
Ons leer in die Bybel van 'n man met die naam Ananias. Hy was presies op daardie plek — waar hy moes kies om te veg of te vlug.
God het vir Ananias opdrag gegee om vir Saulus te gaan help. Ananias, wat 'n volgeling van Jesus was, was bang. Hy het nie geweet dat Saulus intussen ook 'n volgeling van Jesus geword het nie. Omdat hy gehoor het van al die dinge wat Saulus gedoen het, het hy baie goeie redes gehad om liewer weg te hardloop.
In plaas daarvan om weg te hardloop, het Ananias vir God vertel dat hy bang was. God het hom so geantwoord:
Gaan daarheen, want Ek het hom gekies as my werktuig ...(Handelinge 9:15).
God het vir Ananias beveel om te gaan, al was hy bang. Ananias het toe gegaan. Hy het gegaan omdat hy geweet het dat God by hom sou wees.
Die Bybel sê dat God ook by óns is.
IETS OM OOR NA TE DINK
Was jy al ooit vreesbevange oor iets? Hoe dink jy sou jy gevoel het as jy toe geweet het dat God by jou is?
Om geloof te hê, beteken om te vertrou dat God by ons is. Wy 'n paar minute daaraan om met God te praat. Vertel Hom hoe dankbaar jy is dat Hy altyd by jou is.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Om geloof te hê, beteken dat jy vertrou op wat jy nie kan sien nie, as gevolg van wat jy wel kan sien. Dit is moeilik. Hoe kan ons weet dat God werklik bestaan? Kan ons Hom vertrou wanneer slegte of angswekkende dinge gebeur? Wat as ons verkeerde dinge doen? Sal Hy ons vergewe? Met behulp van hierdie leesplan, sal ons van nader bekyk wat dit beteken om Jesus te vertrou (en hoe dit die lewe beter maak).
More