Vriendskap Met GodVoorbeeld
Dag 2 — Om met God te Praat
Dit is moeilik om iets saam met iemand te doen as jy nie weet wat daardie persoon doen nie. Eweneens is dit moeilik om te doen wat God doen as ons nie weet wat Hy doen nie. Jesus het vir sy dissipels gesê dat Hy slegs doen wat Hy gesien het sy Vader doen. Hy was in sy Gees bewus van wat sy Vader doen en wou doen. In die boek Johannes sê die Skrif deurgaans: "Jesus het geweet". Die Skrif sê ook Jesus het gesien wat sy Vader doen.
Bo en behalwe Jesus se voorbeeld, is daar vele maniere wat God gebruik om met ons te praat. Drome, visioene en die Skrif is maar enkele voorbeelde. Soms is daar selfs "onkonvensionele" maniere, soos die keer toe Hy deur 'n donkie gepraat het. Dalk is dit iets nuuts vir jou om God te hoor praat en met Hom te praat ... maar dis ook reg so! Dit is egter die grondslag vir 'n vriendskap met Hom.
Behalwe vir die Skrif, praat Hy op baie ander maniere. Het jy al ooit na 'n sonsondergang gekyk en sy teenwoordigheid gevoel? Het jy al ooit 'n berg uitgestap wat sy heerlikheid verkondig het? Het jy al ooit na 'n rolprent gekyk of 'n boek gelees en 'n geestelike openbaring gehad oor sy geaardheid?
Neem vandag 'n paar oomblikke en beoordeel die maniere waarop God reeds met jou gepraat het. Is Hy besig om op 'n nuwe manier te praat? Hoe kan jy tyd en ruimte skep om Hom meer te hoor?
Aangaande hierdie leesplan
Vriendskap met God handel oor wat dit behels om 'n verhouding met God te kweek. Regdeur die Skrif vind ons baie name vir God. Trooster, Here, Beskermer, Voorsiener, en nog ander. Een van die name wat Hy Homself genoem het en wat my diep getref het, is dat Hy Homself my vriend genoem het. Hoe anders sou die lewe wees as ons leef asof God werklik ons vriend is? Dit het my lewe verander en ek hoop dit sal joune ook verander!
More