Wat is God Besig om te Doen?Voorbeeld
VOOR JY OORGEE
Ons hou van opsies. Ons wil weet waarin ons ons begewe. Ons hou van die gevoel van beheer wanneer ons 'n voorstel oorweeg en dan besluit of ons dit wil doen of nie. Meestal is dit 'n goeie manier om te werk te gaan. Dit is egter wys om jou opsies te oorweeg en versigtig die beste aksieplan te kies.
Wanneer ons van God hoor, moet ons vooraf besluit wat ons antwoord gaan wees. Wanneer ons God nader met die denkwyse: "God, wys my asseblief wat U wil hê ek moet doen en dan sal ek besluit of ek wil of nie," sal jy nie baie van Hom af hoor nie. Ons kan baie duidelik van God hoor en sien waarmee Hy besig is wanneer ons 'n gesindheid het van: "God, voordat U 'n woord sê, is my antwoord 'ja!'"
Dit klink vreesaanjaend. Wat as God my vra om iets regtig moeilik te doen? Wat gebeur as Hy my planne totaal verander? Ja. Dit gebeur. Maar glo jy regtig dat jy beter weet as die Een wat nie net die toekoms sien nie, maar wat jou ook geskape het? God ken jou beter as wat jy jouself ken. Elke keer wanneer ek met God geargumenteer het, of gevoel het dat Hy my lewe in 'n rigting neem waarvan ek nie seker was of ek daarheen wou gaan nie, was ek nog altyd aan die einde dankbaar. Dit werk altyd beter uit as wanneer ek my wil sommer met die intrapslag gekry het.
Om regtig van God te hoor — om te sien wat Hy in jou lewe probeer doen — moet jy jouself vooraf aan Hom oorgee. Die kwessie is nie wat van jou gevra mag word nie, maar wie die vrawerk doen. God is goed — so goed! Hy is liewer vir ons as wat ons ten volle kan begryp. Wat Hy jou ook al vra om te doen — al is dit regtig moeilik — gaan jou beslis na 'n beter plek toe lei as wat jy jou ooit kan voorstel. Jy kan met vrymoedigheid "ja" sê, nog voordat God 'n woord gesê het. Dit is die soort volkome vertroue waarna God soek, en ons kan Hom soveel beter sien en hoor as dit die ingesteldheid van ons harte is.
Aangaande hierdie leesplan
Dit is soms baie moeilik om iets raak te sien waarna jy nie op soek is nie. Wanneer dit by ons geestelike lewens kom, is God altyd aan die werk, kommunikeer Hy gedurig of beweeg Hy in ons lewens. As ons nie aktief daarna soek nie, sal ons ongelukkig totaal en al mis wat Hy doen. Oor die volgende vyf dae sal ons die sleutels begin ontsluit om te sien wat God in ons midde doen.
More