Hoe Om Mense Lief Te Hê Van Wie Jy VerskilVoorbeeld

How To Love People You Disagree With

DAG 5 VAN 5

Kies die Geheelbeeld  

Dis geen geheim dat ons wêreld meer verdeeld as ooit tevore voorkom nie. Dis politieke partye wat nie kan ooreenstem oor die land se begroting nie, of godsdiensgroepe wat by haatspraak betrokke is. Daar is altyd spanning op die wêreld se verhoudings-, geestelike- en politieke platforms.

Ons het verskillende tegnieke in hierdie leesplan bespreek wat ons in ons verhoudings kan gebruik met mense met wie ons nie saamstem nie. Ons moet mense liefhê omdat Jesus dit beveel het, ons moet respek betoon deur ons optrede te beheer, ons moet sinnelose redenasies vermy en empatie met ander mense hê, sodat ons die lewe uit hulle oogpunt kan sien. Dis almal wyse en nuttige benaderinge. Dit lyk moeilik om verskille te oorkom, maar dit is nie. Al hierdie voorbeelde bewys dit.

Gedurende die COVID-19 pandemie in 2020, het die wêreld 'n gemeenskaplike vyand gehad. Ondanks verskillende opinies in omtrent elke area van ons lewens, het ons almal iets in gemeen gehad — ons het almal probeer om die gevaarlike virus, wat duisende lewens geneem het, te vermy. Ons het met mense gepraat met wie ons gewoonlik nie praat nie. Ons het mense gehelp wat ons politieke opponente is. Ons het mekaar se belange op die hart gedra, selfs al het ons nie met hulle persoonlike keuses saamgestem nie. Dis eenheid. Ons het dalk nie enigiets anders in gemeen gehad tydens daardie tydperk in ons verlede nie, maar het hierdie eenheid gehad.

Ongelukkig sal dit nie altyd vir almal so wees nie, maar ons kan kies om dit te laat gebeur. Ons kan vooraf besluit om mense eerder as beleide en verhoudings eerder as reëls in ag te neem.  Wat as …

... ons geduld aan die dag lê?
... ons kies om nie aanstoot te neem nie?
... ons ophou om alles persoonlik op te neem?
... ons ophou om neerhalend van ander te praat?
... ons eerder fokus op dinge waaroor ons saamstem?
... ons kies om die geheelbeeld raak te sien?

Moenie vergeet dat God die wêreld so liefgehad het nie ... Hy het elke siel wat al ooit op hierdie planeet gewoon het, of sal woon, lief. Ons mag dalk nooit sy vermoë hê om mense so lief te hê nie, maar Hy vra nog steeds dat ons ander sal liefhê. 

Volgelinge van Jesus kan gewoonlik nie genoeg Bybelverse aanhaal om iemand te dwing om in Jesus te glo nie. Wat ons wel kan doen, is om Jesus deur liefde te verteenwoordig en respek en empatie te betoon – alles met dieselfde hoeveelheid waarheid en genade bedek. 

Om mense van wie ons verskil, lief te hê, gaan uiteindelik in wese oor eenheid. Of die verskilpunt nietig of belangrik is, ons kan kies om ander mense eerste te stel. As ons, as volgelinge van Jesus, wil hê dat ander ons Redder en Here moet leer ken soos ons Hom ken, is dit die plek om te begin. Kom ons verteenwoordig Jesus op so 'n manier dat ander Hom sal wil leer ken. As ons dit doen, is die Heilige Gees heeltemal in staat om hulle te lei om enige uitkyk wat teenstrydig met sy waarheid is, aan te pas of te verander.

Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

How To Love People You Disagree With

Selfs met agt miljard mense in die wêreld, is daar niemand wat ten volle oor alles met jou sal saamstem nie. Ons sienings van sosiale ongeregtighede, politiek, huidige gebeure en godsdiens is uniek. Al is ons sienings verskillend, kan en behoort ons eenstemmigheid te bereik. In hierdie 5-dag leesplan gaan jy leer hoe om mense lief te hê, te respekteer en empatie te betoon deur in vriendelikheid en met genade die waarheid te praat.

More

Hierdie oorspronklike leesplan is deur YouVersion geskep en verskaf.