Hoe Om Mense Lief Te Hê Van Wie Jy VerskilVoorbeeld

How To Love People You Disagree With

DAG 3 VAN 5

Betoon Empatie  

Die meeste mense het al die woord simpatie gehoor. Dit beteken eintlik net dat ons hartseer voel saam met en meegevoel betoon teenoor iemand anders. Empatie begin op dieselfde manier, maar is anders. Simpatie veronderstel dat jy dieselfde gevoelens het as iemand anders wat in dieselfde omstandighede as jy was of is. Empatie is wanneer jy oor die vermoë beskik om jou voor te stel wat iemand anders voel, al het jy dit nog nie self gevoel nie. 

Dis maklik om simpatie met iemand te hê as jy al deur iets soortgelyks is, maar empatie vereis meer van ons. Die meeste mense begryp dit glad nie en kan dit ook nie doen nie. Ons behoort egter werk te maak van hierdie eienskap as ons goeie verhoudings wil handhaaf met iemand met wie ons nie saamstem nie. 

Luister Met 'n Doel
Wanneer ons aandagtig na ander mense luister, wys ons dat ons hulle liefhet en respekteer. Wanneer ons werklik luister, kan ons uitvind hoekom hulle glo wat hulle glo. Dit gee ons 'n kykie in hulle lewens. Dis nie goed om iemand in die rede te val of te weerlê terwyl hulle praat nie. Dit wys net dat ons nog onvolwasse is. Dis regtig belangrik dat ons waarlik sal luister en nadink oor wat die persoon sê. As jy dink hoe jy die persoon kan antwoord, terwyl hulle nog besig is om te praat, is dit soos om in 'n debat betrokke te wees. In sulke omstandighede wil ons sien dat die twee persone mekaar van waarde ag, meer nog as om reg te wil wees.

Oorweeg Hulle Standpunte
Wanneer jy uitvind hoekom iemand dink soos hy dink, sal dit jou help om hulle standpunte in te sien en hulle nie te gou te oordeel nie. As iemand verduidelik "hoekom" hy iets glo of doen, neem dit in ag. Mense se menings en opinies word dikwels deur hulle opvoeding bepaal, wat beide positief en negatiewe ervarings insluit. Dalk stem julle nie ooreen met die manier waarop die regering 'n sekere saak hanteer nie. As jy jouself egter toelaat om hulle wêrelde te betree, selfs net vir 'n oomblik, sal jy minder geneig wees om geïrriteerd te wees en hulle te veroordeel.

Empatie is 'n sleutelelement in 'n gesonde verhouding. Wanneer jy empatie het, sien jy die persoon vir wie hy regtig is, verstaan jy sy lewensuitkyk en kan jy uiteindelik Jesus verteenwoordig teenoor hulle wat Hom nog nie ken nie. 

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

How To Love People You Disagree With

Selfs met agt miljard mense in die wêreld, is daar niemand wat ten volle oor alles met jou sal saamstem nie. Ons sienings van sosiale ongeregtighede, politiek, huidige gebeure en godsdiens is uniek. Al is ons sienings verskillend, kan en behoort ons eenstemmigheid te bereik. In hierdie 5-dag leesplan gaan jy leer hoe om mense lief te hê, te respekteer en empatie te betoon deur in vriendelikheid en met genade die waarheid te praat.

More

Hierdie oorspronklike leesplan is deur YouVersion geskep en verskaf.