Wat Is die Doop? 'n Gids vir Ouers en PretienersVoorbeeld

What Is Baptism? A Guide for Parents and Preteens

DAG 4 VAN 4

Wat Is die Volgende Stappe Ten Opsigte van die Doop?

Raai wat? Dit is al. Vandag is die laaste dag wat jy met hierdie leesplan gaan deurbring. 

Terwyl jy hierdie leesplan gevolg het, het jy dalk besluit om jou lewe vir Jesus te gee! Terwyl jy hierdie leesplan gevolg het, het jy dalk besluit dat dit tyd is vir jou om jou geloof in die openbaar te bely en gedoop te word! Terwyl jy hierdie leesplan gevolg het, het jy dalk nader aan God gevoel as ooit tevore. 

Dit is absoluut fantasties! 

Wat wil jy dus volgende doen? Dit mag dalk tyd wees om 'n geloofsprong te neem en te besluit om Jesus te volg. Indien jy reeds die sprong gemaak het, mag dit tyd wees om te besluit dat jy in jou kerk gedoop wil word. Bring vandag tyd deur saam met 'n volwassene wat jy vertrou en praat oor hierdie dinge. Dit is belangrik. As jy gereed is, maak seker jy praat met jou gemeenteleiers, sodat jy weet watter stappe om te volg voordat jy in die kerk gedoop word. Miskien het jy dit reeds gedoen en dit is ook goed! 

Bid en bespreek vandag se vrae met 'n volwassene wat jy vertrou. 

Bid saam

Here, wanneer die tyd ryp is, moedig ons asseblief aan om ons te laat doop, sodat die wêreld kan sien dat ons aan U behoort. In die Naam van Jesus. Amen. 

Gesels saam 

  • Deel met mekaar iets oor die volledige leesplan, iets waaroor julle meer wil praat.
  • Wat dink jy laat mense besluit om gedoop te word?
  • Wat dink jy doen mense wanneer hulle gereed is om gedoop te word?
  • Hoe weet jy of jy gereed is om gedoop te word?
  • As jy gedoop gaan word, wie sal jy daarheen uitnooi en wat gaan jy doen om dit te vier?

Lees die verse vir vandag. Maak beurte om te praat oor wat die verse beteken en die vrae wat julle oor hulle het.

Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

What Is Baptism? A Guide for Parents and Preteens

Kinders, julle kan heerlike gesprekke met julle gesinne voer oor hoe om Jesus te volg en gedoop te word! Hierdie leesplan sluit video's in, asook vrae, wat julle kan help om 'n vrymoedige gesprek met julle gesinne te begin. As jy nog ondersteuning nodig het, nooi jou jeugpastoor of 'n ander gemeenteleier uit om ook saam met jou deur die leesplan te werk. Hierdie leesplan is so uiteengesit dat dit jou en jou gesin sal help om inligting, idees, onsekerhede, en geloofskwessies te verwerk.

More

Ons wil graag Life.Church bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir verdere inligting, besoek gerus: https://www.life.church/