Wat Is die Doop? 'n Gids vir Ouers en PretienersVoorbeeld

What Is Baptism? A Guide for Parents and Preteens

DAG 2 VAN 4

Wat Is die Volgende Stappe in die Volging van Jesus?

Mooi! Jy het deur die eerste dag gekom. Jy het meer geleer oor wie Jesus is en wat Hy vir al die mense oral beteken. (Hy is wonderlik, nê?) Daar is meer om te leer! Kom ons begin dus met vandag se leeswerk, video, en bespreking — maar eers, 'n gebed.

Bid saam

Vader God, wanneer ons vandag praat oor die volging van Jesus, praat asseblief met ons deur u Heilige Gees. Help ons om u groot liefde in ons harte te voel en te weet dat ons kan kies om regverdig verklaar te word voor U. In die Naam van Jesus. Amen.

Kyk Saam Na Hierdie Video

Gesels Saam

  • Gesels oor enigiets wat Pastoor Sam gesê het in die video en waaroor jy graag meer wil praat.
  • Watter vrae het jy oor die volging van Jesus?
  • Wat dink jy laat 'n mens die behoefte voel om Jesus te volg? 
  • Wat dink jy gebeur wanneer 'n mens kies om Jesus te volg?
  • As jy iemand moet leer oor wat dit beteken om Jesus te volg, wat sou jy vir hulle sê?
  • Wat dink jy doen mense wanneer hulle Jesus wil volg?

Lees die Bybelverse vir vandag. Maak beurte om te praat oor wat die verse beteken en watter vrae jy oor hulle het.

Indien enigiemand in jou gesin Jesus wil volg, bring tyd saam deur en gee hulle die geleentheid om van harte te bid en Jesus te aanvaar as die Heer van hul lewe, hul Verlosser van sonde, en hul beste vriend. Vier saam fees!

As jy idees wil hê oor wat om te bid, hier is 'n voorbeeld van 'n gebed om redding:

Liewe Jesus, vergewe my. Ek weet ek is 'n sondaar en dat ek U nodig het om my te red. Ek draai na U toe, weg van my ou lewe. Ek het u liefde nodig. Ek het u genade nodig. Ek het u vergifnis nodig. Ek aanvaar u vergifnis en gee U my lewe. Dankie dat U u lewe vir my gegee het — nou gee ek U myne! In u Naam, amen.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

What Is Baptism? A Guide for Parents and Preteens

Kinders, julle kan heerlike gesprekke met julle gesinne voer oor hoe om Jesus te volg en gedoop te word! Hierdie leesplan sluit video's in, asook vrae, wat julle kan help om 'n vrymoedige gesprek met julle gesinne te begin. As jy nog ondersteuning nodig het, nooi jou jeugpastoor of 'n ander gemeenteleier uit om ook saam met jou deur die leesplan te werk. Hierdie leesplan is so uiteengesit dat dit jou en jou gesin sal help om inligting, idees, onsekerhede, en geloofskwessies te verwerk.

More

Ons wil graag Life.Church bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir verdere inligting, besoek gerus: https://www.life.church/