Die HuwelikskursusVoorbeeld
Liefde in Aksie
Die liefde is meer as net gevoelens; dit is wat ons doen en betrek dade. Die liefde kos ons altyd iets.
Die vyf tale van die liefde 1
- liefdevolle woorde
- bedagsame geskenke
- fisieke aanraking
- kwaliteit-tyd
- vriendelike optrede
Vir elke een van ons gaan een van hierdie tale van die liefde meer effektief wees as die ander.
Die meeste mense het 'n ander taal as hulle huweliksmaat.
Ons probeer meestal om liefde te kommunikeer in die taal wat ons dit verstaan en wil ontvang.
'n Liefdevolle huwelik is een waarin ons probeer om ons man of vrou se behoeftes te vervul in 'n taal wat hulle laat voel ons het hulle lief.
1. Liefdevolle woorde
Woorde kan opbou of afbreek.
Gee komplimente en bemoedig mekaar elke dag.
Praat vriendelik met mekaar.
Vir party mense voel dit asof hul by 'n oase in die woestyn aankom wanneer hulle woorde van bevestiging hoor.
2. Bedagsame geskenke
Geskenke is 'n manier om in jou huwelik te belê
- Die geskenke hoef nie duur te wees nie, dit gaan meer oor die gedagte as die geskenk, byvoorbeeld 'n enkele blom, 'n staaf sjokolade
- moenie wag vir spesiale geleenthede nie
- vind aktief uit waarvan jou huweliksmaat hou (wat jou sak pas!)
3. Fisieke aanraking
Om mekaar liefdevol aan te raak is 'n kragtige manier van kommunikasie in die huwelik. In tye van nood, gaan aanraking wys jy gee om, meer as enigiets anders, indien hierdie jou of jou huweliksmaat se taal van die liefde is.
Ons moet deur die hele reeks werk en uitvind wanneer wat toepaslik is: hande vashou, arms om mekaar te plaas, 'n soen, 'n drukkie, rug massering, seksuele voorspel, seks.
4. Kwaliteit-tyd
Om saam te wees beteken meer as hoe naby julle liggaamlik aan mekaar is. Dit gaan daaroor om aandag aan mekaar te gee.
Kwaliteit-tyd bou vriendskap, deur:
- saam te gesels
- saam te eet
- tyd saam te geniet
5. Vriendelike optrede
Dit gaan daaroor om deur ons optrede ons liefde aan ons huweliksmaat te toon en om hulle behoeftes op 'n praktiese wyse te vervul.
Vind uit watter optrede die meeste vir jou huweliksmaat beteken.
Die liefde is nie net 'n gevoel nie, dit vereis die wil om mekaar se behoeftes te vervul. Ons word geroep om mekaar soos Jesus lief te hê.
Die lering van die vyf tale van die liefde is aangepas uit Dr Gary Chapman se boek, Die vyf tale van die liefdeⓇ: Die geheim van liefde vir 'n leeftyd (© 2015). Gepubliseer deur Northfield Publishing. Gebruik met toestemming.
Leer meer oor die Huwelikskursus, by die skakel hier .
Aangaande hierdie leesplan
Die huwelik is ontwerp as die naaste moontlike verhouding van toenemende intimiteit en onderlinge afhanklikheid, maar dit gebeur nie vanself nie. Ons moet aanhoudend daaraan werk om aan ons huwelik verbind te bly. Hierdie 7-dag leesplan wat aangepas is uit "The Marriage Course" geskryf deur Nicky and Sila Lee, het ten doel om vir jou die hulpmiddele te gee om 'n gesonde huwelik te bou en julle verbintenis te versterk — of te herstel as julle voel of julle dit verloor het.
More