Die HuwelikskursusVoorbeeld

The Marriage Course

DAG 2 VAN 7

Die Kuns van Kommunikasie

Ons almal het 'n diep verlange aan emosionele verbintenis, dit is 'n fundamentele menslike behoefte. Emosionele verbintenis in die huwelik sal slegs met goeie kommunikasie bereik word.

Effektiewe kommunikasie

Die verskillende vlakke van kommunikasie:

  • Vlak 1: Die oordrag van inligting
  • Vlak 2: Die deel van idees en menings
  • Vlak 3: Om openhartig oor emosies en behoeftes te wees

Vlak 3 vereis kwesbaarheid en vertroue en dat albei partye sal praat en luister.

Goeie kommunikasie het verskeie vlakke, dit bestaan uit:

  • ons woorde
  • ons stemtoon
  • ons lyftaal

Dis baie belangrik om te luister

Ons doel in die huwelik moet wees om twee keer meer te luister as wat ons praat.

Een van die belangrikste vaardighede om te bemeester om 'n gesonde huwelik te ontwikkel is om goed te kan luister. Om te luister laat jou huweliksmaat geliefd en van waarde voel.

Struikelblokke teen luister

Vyf slegte luistergewoontes

1. Onttrekking
Dit is wanneer ons aan 'n ander gesprek in ons gedagtes deelneem, of ons luister nie behoorlik nie as gevolg van ons fisieke omgewing.

2. Gerusstelling
Deur nie jou huweliksmaat toe te laat om oor hul negatiewe emosies te praat nie.

3. Raadgee
Fokus op oplossings in plaas van empatie te toon teenoor ons huweliksmaat.

4. Neem beheer oor
Om die gesprek met ons eie agenda oor te neem.

5. In die rede te val
Om nie vir ons huweliksmaat die kans te gee om klaar te praat en te sê wat hul wil sê nie.

Die bogenoemde gewoontes kan voorkom dat die spreker sê hoe hulle voel en kan daartoe lei dat hul eerder stilbly.

Ons kan almal die kuns bemeester om doeltreffende luisteraars te wees, maar dit vereis tyd en opregtheid.

Vyf stappe wat ons help om aandagtig te luister

1. Plaas jouself in jou huweliksmaat se skoene
Skuif jou eie menings en sienswyses opsy sodat jy opreg kan verstaan hoe jou huweliksmaat voel.

2. Gee erkenning aan wat hulle sê
Dink na oor wat jou huweliksmaat gesê het eerder as om jou eie mening te lug.

3. Stel vas wat belangriker is
Vra dan jou huweliksmaat: "Wat is die belangrikste deel van wat jy gesê het?"

4. Help jou huweliksmaat om hul opsies uit te werk
Vra dan: "Is daar enigiets wat jy graag wil doen (of, indien toepaslik, wat ek, of ons, kan doen) oor wat jy gesê het?"

5. Vra jou huweliksmaat of hul alles gesê het wat hul wou sê
Moenie aanneem dat jy reeds alles weet wat hul wil sê nie en as daar meer is, dink ook daaroor na. 

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

The Marriage Course

Die huwelik is ontwerp as die naaste moontlike verhouding van toenemende intimiteit en onderlinge afhanklikheid, maar dit gebeur nie vanself nie. Ons moet aanhoudend daaraan werk om aan ons huwelik verbind te bly. Hierdie 7-dag leesplan wat aangepas is uit "The Marriage Course" geskryf deur Nicky and Sila Lee, het ten doel om vir jou die hulpmiddele te gee om 'n gesonde huwelik te bou en julle verbintenis te versterk — of te herstel as julle voel of julle dit verloor het.

More

Baie dankie aan Alpha wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek: https://themarriagecourse.org/