Om met Hoop te Rou Voorbeeld

Grieving With Hope

DAG 4 VAN 5

Wanneer Genesing Kom

Terwyl jy rou, sal jy tog daagliks groei. Dit is hoe rou werk. Sommige dae sit ons daarin en mag ons dalk voel asof dit ons versmoor. Ander dae lig die rou so 'n klein bietjie terwyl ons in vrede ons verlies onthou. 

Soms sal Jesus ons volkome genees terwyl ons op aarde is. Ander kere kom ware genesing eers wanneer ons uiteindelik in die teenwoordigheid van Jesus is, nadat ons by Hom in die hemel aangesluit het. Ongeag wanneer ons volledige genesing kom, kan ons hier en nou begin gesond word. Hoeveel egter? Soos genoem op dag twee, bring die verwerking van ons pyn vordering. Die diepte en spoed van ons genesing hang waarlik af van hoe goed ons ons pyn verwerk terwyl ons God vertrou en sy Gees toelaat om ons te help. 

Hoe weet jy dus wanneer jy genees is? Hier is 'n paar aanduidings dat genesing in jou lewe begin het.

'n Teken dat jy besig is om te genees, is dat die herinnering aan die verlies nie meer jou dag vernietig nie. Jy sien iets wat jou herinner aan jou verlies en dit veroorsaak nie meer intense pyn nie. Wat eens jou hele dag verwoes het, het nou miskien net 'n effek vir 'n paar ure of minute. In sommige omstandighede waar die verlies erger was, is die seer nou 'n dowwe pyn en nie 'n sensasie wat jou deurpriem nie. In ander mag dit selfs meer feitlike inligting word en roep nie meer die vorige emosionele reaksie op nie. In kort, die hersteltyd ná die herinnering het verkort.

Nog 'n teken dat jy besig is om te genees, is wanneer jy begin sien wat God in en deur jou gedoen het as gevolg van hierdie verlies. Dit beteken nie dat jy weer hierdeur wil gaan of dat jy nie die persoon weer lewendig wil hê nie, dit beteken net dat jy sien hoe God begin het om alle dinge tot sy beswil te laat uitwerk. Selfs in die ellendige, aaklige pyn wat jy deurgegaan het, kan jy sien hoe jy 'n beter weergawe van jouself word. 

'n Finale teken wat wys dat jy besig is om te genees, is wanneer jou hoekom-vrae verander in hoe-vrae. In plaas daarvan om vir God te vra: "Hoekom het U dit laat gebeur?" sal jy begin om vir God te vra: "Hoe gaan U dit gebruik?" Die verstandelike en geestelike skuif gebeur wanneer ons herken en besef watter troos Hy vir ons gegee het en dat dit behoort gebruik te word om mekaar te vertroos. 

Een van die uitdagende dinge van rou is dat jy sal dink dat jy betekenisvolle vordering in jou genesing gemaak het, maar dan herinner word aan die droom wat nie 'n werklikheid geword het nie of die geliefde wat jy nie meer sien nie. Dit skep meer pyn omdat jy voel asof dit slegter gaan as voorheen. Tog is dit nie so nie. Wat dit beteken, is dat jou reis tot genesing net vir 'n oomblik tot stilstand gekom het. Jy het dalk selfs 'n paar treë agteruit geneem. Wanneer dit gebeur, raak stil en rou ... weer. Laat dan jouself toe om terug te kyk en die vordering wat jy wel gemaak het, te sien. Elke keer wat jy die verlies aanvaar en dit voel, is jy op die pad na genesing.

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Grieving With Hope

Rou is 'n menslike ervaring en niemand is daarteen immuun nie. Ons rou wanneer iemand sterf of 'n droom verpletter word. Dit kan ons enige tyd tref en gebeur ook dikwels wanneer ons dit glad nie verwag nie. Ons gaan probeer om die rouproses te verstaan en leer hoe om die verskillende soorte waardeur ons gaan, te verwerk. Sluit by ons aan vir hierdie 5-dag leesplan wat jou sal help om jou eie rou op 'n gesonde manier deur te gaan.

More

Hierdie oorspronklike leesplan is deur YouVersion geskep en verskaf.