Wandel in die Heilige GeesVoorbeeld
Daar is nege gawes, maar een vrug van die Gees. Dit is interessant, want Paulus noem dit nie nege vrugte van die Gees nie, maar hy noem dit nege karaktertrekke en hulle noem hy gesamentlik die vrug.
Vergelyk dit met die werke (meervoud) van die vlees en die vrug (enkelvoud) van die Gees. Hierdie nege karaktertrekke van die Heilige Gees ontwikkel terselfdertyd.
Dit is die vrug wat Hy kweek. In ons eie krag kan ons aan een van hierdie karaktertrekke van die Gees werk, maar dit sal ten koste van die ander wees. As ons byvoorbeeld daaraan werk om geduldig te wees, is ons geneig om dalk goedhartigheid uit die oog te verloor. Of ons geduld verbeter, maar intussen verloor ons vreugde. So vaar ons op ons beste sonder die Heilige Gees, want dis bloot die werk van die vlees. Ek kan nie aan al die vrug van die Gees gelyktydig werk nie. Ek sukkel selfs om net al nege karaktertrekke van die Gees te onthou, en daarom word dit die vrug van die Gees genoem.
Dit is nie die vrug van my arbeid nie. Dis nie my werk nie. As ek dit kon regkry deur my eie pogings, sou dit die vrug van pogings genoem word, nie van die Gees nie. Vrug ontwikkel nie deur jou strewe nie. Bome strewe nie daarna om vrugte te dra nie. Dit is intimiteit met die Heilige Gees wat vrug voortbring. Daarom werk ons nie aan ons vrug nie; ons werk aan ons verhouding met Hom en die vrug kom na vore as gevolg daarvan.
Dit is dalk vir sommige 'n skok, maar ons word nie geroep om aan ons eie karakters te werk nie. Ons is geroepe om aan ons verhouding met die Heilige Gees te werk en in ruil sal Hy aan ons karakters werk.
Aangaande hierdie leesplan
Die Heilige Gees het die vergete God geword. Ons moet nie vergeet dat die Heilige Gees die Skrif geïnspireer het nie, maar die outeur is altyd groter as sy boek. Terwyl Jesus op aarde was het Hy op die Heilige Gees staatgemaak, en daardeur vir ons 'n voorbeeld gestel om dieselfde te doen.
More