Ontwikkel Leierskap met Bybelse WysheidVoorbeeld

Scaling Leadership with Biblical Wisdom

DAG 6 VAN 8

Gewaagde Verwagtinge

Ek is deel van 'n besondere bediening en kerk, genaamd Life.Church, en ons het 'n paar regstellende waardes wat werklik die begrip van Gewaagde Verwagtinge ernstig aanspreek. Een wat ek met jou wil deel, is die volgende:

Ons is gelowig, groot denkers en neem risiko's.

Ons sal God nooit beledig deur klein te dink en 'n veilige lewe te lei nie.

Hoe dikwels beperk jy God en dit wat Hy vir jou lewe in gedagte het? Dink vir 'n oomblik ernstig daaroor. Hoe vergelyk jou beste idees en mees gewaagde gebede met sy begeertes en planne vir jou in hierdie wêreld? Dalk is jy aan die anderkant van die skaal en sukkel jy om oor jou vrese en mislukkings te kom, of miskien dink jy nie dat God eintlik omgee vir jou pogings en begeertes nie. 

Dit maak nie saak waar jy jouself bevind nie, jy moet net besef dat God vir jou omgee. Hy is magtig en gereed om oneindig meer te doen as wat ons bid of dink, want sy planne is baie beter as ons s'n. Al weet ek dit, vind ek dat ek God nog dikwels beperk met my kleinlike denke en veilige lewe. Dit maak my regtig verleë en ek erken dit nie graag nie. Jy wonder dalk: "Hoe kan een van die stigters van die YouVersion Bybeltoep so klein dink?" Wel, dis die perfekte voorbeeld waaraan ek gereeld dink. 

Toe ons YouVersion begin het, het ons GEEN idee gehad wat moontlik was of wat God in gedagte gehad het vir hierdie klein ideetjie nie. Dit het begin as 'n onprofessionele, oud-modiese webwerf. Van daardie minderwaardige gedagte af tot nou toe, sien ons hoe elke land en streek, elke sekonde van die dag, die Bybel op hul fone, tablette, rekenaars en ander digitale toestelle lees. Al die lof en eer aan God! Soos ons met verloop van tyd gehoorsaam was, het ons besef dat God dit wou seën en laat groei. Dit is maar een herinnering vir my dat God gereed is om ons gehoorsaamheid, toewyding en elke tree in geloof te seën, as ons Hom eer.

YouVersion is maar net een voorbeeld. Ek het eens op 'n tyd 'n gebrek aan geloof gehad, maar nou kan ek terugkyk en sien hoe God al baie pogings en probeerslae geseën het. Wat van jou? Bly jy nog aan die veilige kant? As jy nie seker is nie, moet jy jouself dalk afvra op watter gebied jy bang is om te misluk? Dalk is dit vrees vir verwerping of vrees vir onbevoegdheid of onwaardigheid. Hierdie vrese sal maak dat ons aan die veilige kant wil bly en God se vermoë beperk om deur ons te werk. 

Om gewaagde verwagtinge te hê van wat God kan en wil doen, is 'n wesenlike deel van leierskapsontwikkeling. Gewaagde verwagtinge gaan daaroor dat ons doelwitte stel wat ver bo ons vermoëns is, omdat ons vertrou dat God daarmee kan werk. Om as 'n leier die toekoms met geloof in te gaan, is deel van ons reis as volgelinge van Christus. 

Elke oomblik van elke dag kry ons die kans om te kies wat ons dink en glo. Ons gedagtes is 'n keuse, kom ons maak dus 'n verstandige keuse en kies dit wat God eer. Voor jy vandag se Skrifgedeelte lees, wil ek jou uitdaag om diep na te dink oor die verhaal van Jonatan en sy wapendraer. Kry 'n gewaarwording van die gewaagde verwagtinge wat hulle gehad het. Ons daaglikse besluite is nie noodwendig dieselfde as Jonatan s'n nie, maar ons geloof en denke is. 

Vader, praat nou met my wanneer ek u Woord oopslaan. Laat hierdie woorde diep in my gees insink en gee my die geloof en moed wat U eer en verheerlik. 

Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Scaling Leadership with Biblical Wisdom

Dit is deesdae baie belangrik om jou leierskap te ontwikkel. Ons moet verbreed, vergroot, maksimaliseer en ons leierskapsvermoëns laat groei, sodat ons kan tred hou met ons immer veranderende omgewing. Tegnologie wat vinnig ontwikkel, werkgewer- en spandinamika wat verander en die wisselende ekonomie, is maar net party van die kwessies waarmee ons te doen kry. Moet egter nie dink dat leierskapsontwikkeling net vir die werkplek is nie. Ons moet ook ons leierskap by die huis en in ons verhoudinge ontwikkel. Begin vandag en kry praktiese, relevante leierskapsinsig.

More

Baie dankie aan Terry Storch wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://terrystorch.com