Waaroor gaan Paasfees?Voorbeeld

Dit Het Alles Begin Toe …
Het jy geweet dat al die groot denkers in die Christendom (en selfs die filosowe buite die Christendom), saamstem dat Paasfees die belangrikste dag vir Christene is? Dis waar! Weet jy hoekom?
Om te weet hoekom dit so belangrik is, moet jy 'n bietjie meer daarvan weet. Kyk na hierdie video van 'n goeie vriend, Jason, van The Loop Show. Hy gaan jou terugneem na waar die verhaal begin het.
"God het ander planne gehad!" Wat was dit? Jy sal moet aanhou lees om uit te vind. Jason sal later 'n bietjie meer van die Paasverhaal vertel — en 'n bietjie meer van sy eie verhaal. Oor die volgende vyf dae sal jy te wete kom waaroor Paasfees gaan. Jy sal leer wat dit vir jou beteken. Jy sal ook leer hoe jy deel kan word van God se verstommende verhaal!
Vandag moet jy net die eerste deel onthou van wat Jason gesê het. Dit kom op die volgende neer:
Heel aan die begin was God in 'n wonderlike gemeenskap met Homself, wat uit God die Vader, God die Seun en God die Heilige Gees bestaan het. Dit is moeilik om jou voor te stel, maar ons weet dat dit baie goed was — so goed dat Hy dit met 'n skepping wou deel wat sou kon kies om Hom lief te hê en vir Hom te leef as hulle wou. Hy het dus besluit om mense te skep!
Vra jouself af: Watter vrae wil ek oor Paasfees vra? Wanneer ek met hierdie leesplan klaar is, sal ek dalk nog steeds vrae oor Paasfees hê. Vir wie kan ek dan daardie vrae vra? Wie kan ek uitnooi om hierdie leesplan saam met my te lees?
Bid: Baie dankie, Vader, vir die manier waarop U vir ons lief is. Dankie dat U so 'n mooi wêreld geskape het. Dankie vir die wonderlike mense wat U in my lewe geplaas het. Help ons om u wêreld en mekaar goed te versorg. Help ons om ander lief te hê net soos U ons liefhet. In die Naam van Jesus. Amen.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Eens op 'n tyd het 'n man sy eie dood voorspel. Hy het ook voorspel dat Hy net vir drie dae dood sou wees en dit was so! Jesus se dood en opstanding is die merkwaardige waarhede van die Paasverhaal. Christene vier nog steeds die dag. Wat beteken dit egter alles vir jou? Hierdie leesplan sal jou help om die geheimenisse van die prag van Paasfees te verstaan!
More
Verwante Leesplanne

Hoeveel Is Genoeg?

Jesus Het My Lief

Volg Jesus Ons Middelaar

Wees 'n Spel-Wisselaar

Kaalvoet Sielsgedagtes

GAAN JY HOM MIS?

Ons God Wat Ons Opsoek - Om Ons Na Hom Terug Te Lei. 'n Studie van Vyf Klein Profete

Skepper Gees

DIE ROOI TOU: 'n verhaal van redding en hoop
