Wanneer Tragedie ToeslaanVoorbeeld
Leef Vreesloos
Daar is 'n tweede reaksie wat ook baie belangrik is: Ons moet dapper wees om enige tragedie in die gesig te staar — met vasberadenheid en sonder vrees. Ons is nie 'n vreesbevange volk nie. Ons gee nie skielik op, net omdat iets ons bang maak nie. Nou is daar miskien sommige van julle wat ten diepste bang of met vrees oorweldig is. As jy jouself tans in 'n situasie bevind waar jy 'n stryd voer teen 'n gees van vrees, laat my dan 'n vers met jou deel wat God deur die jare gebruik het om my te help in tye toe rasionele en irrasionele vrees my vertroue en tevredenheid bedreig het:
Ek is die HERE jou God, ek vat jou hand, Ek sê vir jou: 'Moenie bang wees nie, Ék help jou'(Jesaja 41:13).
Ons het die reg om Godvresende, maar vreeslose mense te wees. Ons het die reg om dapper en vol selfvertroue te wees om die eenvoudige rede dat God belowe het om namens ons in te gryp. Beteken dit dat ons nooit onder gevolge sal ly nie? Nee, glad nie. Sal ons altyd vry wees van swaarkry en teenspoed? Natuurlik nie. Beteken dit dat tragedie nie ons lewens sal raak nie? Definitief nie. Dit beteken dat, wanneer ons individueel of gesamentlik onder die oppermagtige beskerming van God staan, ons verseker kan wees dat Hy ons nie sal faal nie. Ongeag die ramp wat ons in die gesig staar of die vyand by ons deur, met ons God, sal ons seëvier.
Onthou jy my vorige opmerkings oor Dawid? Hy het geweier om verstrik te raak deur vrees, omdat hy vol vertroue was dat God met hom was en hom sou verlos van die vyande wat hom agtervolg het. In Psalm 46:2 sê Dawid: "God is vir ons 'n toevlug en beskerming; Hy was nog altyd bereid om te help in nood." Hierdie skaapwagter het koning geword en geleer hoe om die teenwoordigheid van die almagtige God te ervaar, te midde van teenspoed en tragedie. Ongeag die omstandighede, was Dawid se absolute versekering dat God in sy lewe teenwoordig was.
Psalm 57 van Dawid was ook deur die jare vir my van hulp:
Wees my genadig, o God! Wees my genadig, want by U soek ek skuiling. Onder u vleuels sal ek skuil tot die bedreiging verby is(vers 2).
Miskien dink sommige van julle omdat ek 'n pastoor is, het ek 'n lewe vry van teenspoed en tragedie gehad. Dit kan nie verder van die waarheid af wees nie! By baie geleenthede, te midde van uiters moeilike omstandighede, het ek myself aangetrokke gevind tot hierdie verse, terwyl ek troos en sekerheid by God gesoek het. Hier het ek my geanker aan sy belofte: wanneer ons harte so leeg en ons pyn so intens is, wanneer ons seer so diep loop en ons hartseer oorweldigend is, moet ons na die Vader kom en in die skadu van sy vleuels 'n toevlug vind “totdat die vernietiging verbygaan.”
Ek het in my lewe gevind dat enige rampspoedige tragedie wat ek ervaar het of pyn wat ek gevoel het, uiteindelik verbygegaan het. Vriend, dit maak nie saak hoe diep jy seergemaak is nie, hoe skerp jou pyn is of hoe hopeloos jy voel nie, wanneer jy na jou hemelse Vader kom vir hulp, medelye en liefde, sal Hy daar wees vir jou. Hy sal jou versterk in jou vrees, en Hy sal jou dra totdat jy weer sterk genoeg is om op jou eie te staan.
Aangaande hierdie leesplan
Daar is geen beperking op wie tragedie kan ervaar nie. Vroeër of later sal almal die hartseer en probleme ervaar wat verband hou met skielike traumatiese gebeure wat die lewe vir altyd verander. Sluit by Dr. Charles Stanley aan wat jou nooi om God se medelye tydens krisistye te ervaar en jou sal help ontdek hoe jy moet reageer wanneer tragedie toeslaan.
More