Nuwe SkeppingVoorbeeld

New Creation

DAG 5 VAN 7

Sal daar enige sonde of dood in die nuwe hemel en aarde wees?

Nee. Daar sal nie in die nuwe hemel en aarde sonde of dood wees nie. God sal elke traan van ons oë afvee en sy tuiste vir ewig by ons maak.

Dit is vir ons aan hierdie kant van die hemel baie moeilik, om God se nuwe wêreld voor te stel, maar die Bybel gee vir ons verskeie prente en beelde. Daar sal vernuwe mense wees. Daar sal harmonie wees tussen God en die mens, veelvoudige mense, en die diereryk. God en die mens sal saam leef. Dit sal 'n plek van skoonheid en kreatiwiteit wees. En dit sal 'n plek wees sonder korrupsie.

Dink vir 'n minuut daaroor. Hoe sou dit wees om in 'n wêreld te leef waar plante, diere en die mens nie vergaan nie; waar niks sleg ooit gebeur nie?

Dit is moeilik om dit voor te stel, maar dit is wat die Bybel ons belowe.

Hier ontmoet ons twee uiterstes wat ons op 'n dwaalspoor kan lei.

Aan die een kant verbeel baie mense hulle dat God se nuwe wêreld net soos hierdie een sal wees, maar sonder die sonde. In 'n sekere mate is dit waar. Die probleem om dit so te stel, is dat dit vir ons onmoontlik is om 'n wêreld sonder sonde voor te stel, aangesien elke aspek van ons wêreld deur sonde besmet is.

Aan die ander kant, stel baie mense hulself voor dat die hemel niks soos hierdie wêreld sal wees nie. Die probleem hiermee is tweeledig. As jy nie versigtig is nie, sal jy uiteindelik sê dat God die eerste keer 'n fout gemaak het of dat hierdie wêreld nie so goed geskape is soos wat Genesis 1 sê nie. Tweedens, as jy nie versigtig is nie, sal jy uiteindelik sê dat die hemel so anders is as hierdie wêreld dat die wêreld nie regtig van sonde gered kan word nie.

So moeilik as wat dit is om die Bybel se visie van die hemel te begryp, moet ons probeer. God se nuwe wêreld, wat ons dikwels die hemel noem, sal hierdie wêreld wees wat vernuwe is van sy sondigheid en korrupsie. Terselfdertyd sal hierdie nuwe wêreld so anders as hierdie een wees — omdat hierdie een so deur sonde besmet is — dat dit steeds onmoontlik is om jou dit voor te stel.

Dink na oor hoe die geleentheid om die ewigheid saam met God en sy mense in die hemel deur te bring jou lewe verander. Vra dan vir God om jou die geleentheid te gee om die belofte van die hemel met iemand anders te deel. 

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

New Creation

Feed se Kategismus is 'n reeks vrae en antwoorde wat individue toelaat om die Skrif te verken en die verhaal van God te ontdek. Dit is geskryf deur 'n diverse span teoloë en predikante en ingelig deur die groot kategese van die geskiedenis. Hierdie is deel nege van nege in die Feed Kategismus reeks: Skepping, Sondeval, Verbond + Wet, Vleeswording, Verlossing, Genade + Vergifnis, Die Heilige Gees, Die Kerk en Nuwe Skepping.

More

Ons wil graag vir OneHope (INTERNAL NAME: Product Development Team) bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://feed.bible