Wat Die Vader SêVoorbeeld
Ek Is Verheug Oor Jou
Die Vader sê: “Seun, dogter ... jy is my vreugde! Dit is nie jou doen en late wat My behaag nie, dit is jou wese. Dit is nie nodig om na my liefde te streef nie. Kom en bly eenvoudig by My en in My.
Gee toe aan my allesverterende liefde. Gee jou laste oor en rus in my welbehae, want Ek is verheug oor jou.”
Wyle Billy Graham het eenkeer gesê: “Alhoewel ek baie het om voor dankbaar te wees, het ek ook baie spyt, wanneer ek oor my lewe terugkyk. Eerstens sou ek minder praat en meer studeer, en ek sou meer tyd saam met my gesin deurbring. Ek sou ook meer tyd aan my geestelike versorging wy; om nader aan God te groei sodat ek meer soos Christus kon word.”
Miljoene is geraak deur Billy Graham se bediening, maar aan die einde van sy lewe het hy begeer om minder tyd aan praat te bestee, om meer tyd saam met sy gesin deur te bring en meer tyd daaraan te wy om die Here te soek.
Die neiging van die mens is om vasgevang te word in die warrel van doen, doen, doen. Ons haastige kultuur doen sy bes om ons na besigwees en afleidings te lok. Die neiging van ons harte as kinders in die arms van ons Vader moet egter wees om te rus, rus, rus. Die openbaring dat Abba Vader verheug is oor ons, gooi die neiging na selfpogings omver en lei ons weg van inspanning na eenvoud.
Die vreugde van God sal ons nooit in besigwees intrek nie, maar sal ons eerder altyd uitnooi na sy nabyheid. A.W. Tozer het eenkeer gesê: "'n Man wat in vriendskap met God groei, vind sy lewe al hoe eenvoudiger." Daar is 'n uitnodiging vanaf sý diepte na ons s'n, 'n wink na die eenvoud van genot, gemeenskap en aanbidding. 'n Gewillige volgeling van Jesus probeer nie om sy goedkeuring te soek nie, maar rus in die wete dat Hy 'n behae in jou het. Die Vader sê immers: "Ek is verheug oor jou."
Aangaande hierdie leesplan
Die Vader se gedagtes van liefde teenoor jou is meer as die sand van die see. Jy is sy geliefde kind, en Hy verheug Hom oor jou! Hierdie oordenkings is 'n uitnodiging vir jou om die volmaakte, verstommende natuur van jou hemelse Vader te leer ken. In sy liefde is daar geen wedywering en geen vrees nie, want jy is in die palm van sy hand.
More