Wat Die Vader SêVoorbeeld

What The Father Says

DAG 1 VAN 3

 Jy Is My Geliefde Kind  

Die Vader sê: “Voordat jy nog 'n gedagte was, het Ek elke detail van jou ontwerp geken. Van die aantal hare op jou kop tot die aantal dae in jou lewe; Ek het jou gemaak vir my plesier en genot. My gedagtes van liefde teenoor jou is meer as die sand in die see. Jy is my geliefde kind, en Ek is trots om jou Myne te noem.”

Jy is God se kind! Baie mense het grootgeword in gesinne met pa's wat nie aktief betrokke was nie, ander het grootgeword met wonderlike pa's, of dalk pa's wat glad nie teenwoordig was nie. Hierdie ervarings word dikwels die lens waardeur ons ons hemelse Vader sien.

Hoe stel jy jou Abba Vader voor?

Allison Fowler sê: “Die hart is die lens waardeur ons vir God sien. As ons weier om te vergewe, word ons bitterheid en wraakgedagtes vuil kolle op die lens wat ons vermoë belemmer om Hom duidelik te sien.” Nooi dus die Here om jou hart skoon te vee van valse oortuigings oor sy karakter wat dalk gevorm het as gevolg van jou opvoeding of uitdagings wat jy moes trotseer. Laat die realiteit van sy karakter diep in jou vestig: God se karakter is die verpersoonliking van volmaaktheid, vriendelikheid en liefde; dit is sonder gebrek, fout of vlek.

Neem 'n paar oomblikke, maak jou oë toe en besin oor God se verstommende natuur. Genesende olie uit die hemel stroom tans in jou hart in, verwyder twyfel en maak die oë van jou hart oop. Luister na jou Vader se stem terwyl Hy die waarheid in jou gees fluister, en ontvang sy oorvloedige liefde wat in sy hart vir jou groei. Die Vader sê: "Jy is my geliefde kind."

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

What The Father Says

Die Vader se gedagtes van liefde teenoor jou is meer as die sand van die see. Jy is sy geliefde kind, en Hy verheug Hom oor jou! Hierdie oordenkings is 'n uitnodiging vir jou om die volmaakte, verstommende natuur van jou hemelse Vader te leer ken. In sy liefde is daar geen wedywering en geen vrees nie, want jy is in die palm van sy hand.

More

Ons wil graag vir Christ for the Nations bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://cfni.org/