Leef Jou Roeping Uit: Wat Op Aarde Doen Ek Hier?Voorbeeld
![Live Your Calling: What On Earth Am I Here For](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F1863%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
God Het Jou As Sy Familie Gekies
Waarom sou God vir jou of my uitkies om deel van sy familie te word? Omdat Hy 'n God van liefde is. Hy is 'n God van genade. Hoe beter jy genade verstaan, hoe meer sal dit jou verstom. God het jou uitgekies. Het jy dit verdien? Glad nie. Verdien jy om hemel toe te gaan? O nee! Is jy goed genoeg om deel van God se familie te word? Nee. Hy het jou net gekies, en dit is goeie nuus!
Op grond waarvan het Hy jou dan gekies? "God, die Vader van Jesus Christus, is darem groot en wonderlik. Hy self het ons sy kinders gemaak" (1 Petrus 1:3a DB).
God het jou uitgekies weens sy genade, nie jou gedrag nie. Jy sal dit nooit kan verdien nie. Jy sal dit nooit waardig wees nie. Jy kan nie hard genoeg daarvoor werk nie. Jy kan ook nie perfek genoeg wees nie. Dit is slegs te danke aan God se genade en barmhartigheid wat die Skepper van die heelal sê: "Ek wil jou in my familie hê".
As dit jou nie bemoedig nie, dan moet jy regtig wakker word.
Luister na vandag se klankonderrig deur Pastoor Rick >>
Luister na gebed |
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
![Live Your Calling: What On Earth Am I Here For](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F1863%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Sluit by Pastoor Rick se boodskapreeks aan oor God se roeping vir jou lewe terwyl jy leer hoe om onderskeid te tref tussen daardie roeping en om dit as 'n seën vir die kerk, ander mense en jou eie lewe aan te wend.
More