Lewe Veranderd: DoelVoorbeeld
![Living Changed: Purpose](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F18601%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Doel met Pyn
Soms kan dit moeilik wees om in te sien hoe God enigsins die pyn van ons verlede ten goede kan gebruik. Tog sien ons herhaalde kere in die Bybel voorbeelde waar God die donkerste, moeilikste situasies in mense se lewens neem en dit tot sy heerlikheid gebruik.
Genesis 37-50 vertel die verhaal van Josef, wie se broers so vol jaloesie en haat vir hom was dat hulle hom aan slawehandelaars verkoop het. Asof dit nie erg genoeg was nie, het die leuens van sy baas se vrou hom in die tronk laat beland. Soos baie van ons het hy oorweldigende gevoelens van verraad, verwerping en verlatenheid ervaar — maar God was aan die werk. Uiteindelik, ondanks sy oënskynlik hopelose omstandighede, was Josef tweede in bevel na die farao, met die mag om sy familie en die hele Egipte van hongersnood en die dood te red. As hy terugkyk, is Josef in staat om te erken dat God hom nooit verlaat het nie, maar stilweg 'n wonderwerk beplan het.
Net soos Josef, ervaar ons almal pyn en hartseer. Sommige van ons ervaar selfs onuitspreekbare tragedie of onverskoonbare mishandeling. Verhale soos hierdie gee ons egter hoop dat ons met God se hulp, doel in ons pyn kan vind.
Baie keer gee ons seerkry ons die geleentheid om hierdie wêreld positief te beïnvloed op 'n manier wat niemand anders kan nie. Ek het gehoor daar word gesê dat slegs diegene wat 'n ouer verloor het, regtig kan verstaan hoe daardie verlies voel. Dit is waar. Die verlies van my pa maak vandag nog seer, maar ek kan nou sien dat dit my die vermoë gegee het om die pyn in ander se lewens te verstaan en aan hulle troos te gee op 'n vlak wat min ander kan. Dit is my ervaring dat ons pyn ons eintlik na ons doel kan lei.
Miskien is jy as gevolg van jou verlede uniek voorberei om iemand hoop vir sy/haar huwelik te gee, of dalk kan die uitdagings wat jy met jou tiener het, ander gesinne help om die waarskuwingstekens van selfskade te herken. Miskien kan jy, as gevolg van jou stryd, iemand help deur onvrugbaarheid, verslawing of 'n diagnose van kanker. Wat ook al jou verhaal is, daar lê skoonheid en krag in om kwesbaar genoeg te wees om jou getuienis met ander te deel.
As jy tans 'n moeilike tydperk beleef, sal jy dalk nie kan dink hoe God jou in die toekoms kan gebruik nie. Dis in die haak so. Op hierdie oomblik hoef jy nie te weet hoe God jou pyn sal gebruik nie. Weet net dat Hy sal. Laat dit jou hoop gee om jou deur te dra.
Vader, dankie vir u belofte dat U nie die swaarkry in my lewe sal toelaat om tevergeefs te wees nie. Dankie dat U belowe het om ALLE dinge tot my beswil te laat meewerk. Jesus, ek gee vir U al die donker, lelike en onvolmaakte dele van my verlede en vertrou dat U dit in iets moois sal verander. Bring vir my genesing en wys my hoe om my verlede vir u doeleindes te gebruik. Vul my met hoop en vertroue in U. Ek bid dit in die Naam van Jesus, amen.
Aangaande hierdie leesplan
![Living Changed: Purpose](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F18601%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Het jy al ooit gewonder vir watter doel God jou geskep het, of het jy Hom al gevra hoekom jy deur sekere ervarings is? Jy is uniek geskep vir 'n spesifieke rol wat net jy kan vervul. Selfs as jy verlore voel, of as jy huiwer om voort te gaan, sal hierdie 5-dag leesplan jou help om God te vertrou, sodat Hy jou na jou doel kan lei.
More
Verwante Leesplanne
![Lewe Veranderd: Aanvaar Jou Identiteit](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F21897%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Lewe Veranderd: Aanvaar Jou Identiteit
![Lewe Veranderd: Voorsiening](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F21896%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Lewe Veranderd: Voorsiening
![Wat om te Verwag Wanneer God Praat](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F26379%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Wat om te Verwag Wanneer God Praat
![Om die Oorlog in Jou Gedagtes te Wen](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F24127%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Om die Oorlog in Jou Gedagtes te Wen
![Beter As Normaal](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F22106%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Beter As Normaal
![Om op God te Wag](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F20231%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Om op God te Wag
![Bid God Se Waarheid Oor Jou Vrese](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F19224%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Bid God Se Waarheid Oor Jou Vrese
![Voltydse Volharding](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54920%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Voltydse Volharding
![Mosaiek Lydenstydgids: Jesus se vrae in lyding](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54537%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Mosaiek Lydenstydgids: Jesus se vrae in lyding
![Sy Glorie, My Storie: 'n Studie Van Sy Heerlikheid in Hebreërs](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54919%2F320x180.jpg&w=640&q=75)