Maak 'n KopskuifVoorbeeld

Get Out Of Your Head

DAG 4 VAN 5

Jy hoef nie so te leef nie!

As jou kleuter in die winkel buierig is, help jy hom reg, jy lei sy aandag af — tog gee ons vrye teuels aan ons denke, sonder om dit te korrigeer. Ons maak asof ons geen beheer het waaroor ons dink nie. 

Paulus sê, wanneer ons ons gedagtes gevange neem, kan ons krag ten goede aangewend word en dit vestings neerwerp. Watter verstommende krag is elke oomblik van elke dag vir ons beskikbaar!

In Romeine 8:5 sê Paulus: "Dié wat hulle deur hulle sondige natuur laat beheers, hou hulle besig met die dinge van die sondige natuur, maar dié wat hulle deur die Gees laat beheers, hou hulle besig met die dinge van die Gees." 

Ek het daardie Skrifgedeelte al herhaalde kere gedurende die afgelope paar maande gelees en gewonder hoe my lewe sou wees as ek my denke gedurig op die Gees gerig het. My denke sou vol lewe en vrede wees. My denke sou deurentyd op God gerig wees — wie Hy is en wat Hy vir my wil hê. Ek verlang desperaat na die "volkome vrede" wat God belowe as my gedagtes op Hom gerig is.

Ek oefen gereeld om elke gedagte gevange te neem en as gevolg daarvan begin ek dit regkry om my denke te verander. Dis 'n daaglikse stryd! Ek doen dit dalk nog nie perfek nie, maar ek maak goeie vordering. 

Na aanleiding van Paulus se briewe aan die kerk in Rome, kan ek en jy leer om bewus te bly waaroor ons dink, sodat die beheer van ons gedagtes onwillekeurig gebeur — 'n outomatiese, instinktiewe reaksie. 

Ek wil so vaardig wees om my denkpatrone in pas te bring met die Gees en om nie meer vir alles op my vlees staat te maak nie. Dit is die doel van ons doelbewuste onderbrekings: ons stop summier die bose kringloop van ons gedagtes. Terwyl ons die kuns van onderbreking inoefen, verander ons ons denkwyse en met elke aanpassing groei ons al hoe nader aan die denke van Christus. 

Hemelse Vader, ek rig my gedagtes op die dinge van die Gees. Ek rig my gedagtes op u vrede. Ek bid dat ek al hoe meer soos Christus sal begin dink! Amen.

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Get Out Of Your Head

Voel jy soos 'n slagoffer van jou malende gedagtes? Is jy dikwels die prooi van toksiese denkpatrone soos angs, depressie of skuldgevoelens? Ons sielevyand is vasberade om ons hulpeloos, oorweldig en onbekwaam te laat voel om 'n verskil in God se koninkryk te maak. Dit hoef nie te gebeur nie! Maak 'n kopskuif en leef met God se beloftes. Jennie Allen se 5-dag leesplan sal jou denke verander.

More

Baie dankie aan WaterBrook Multnomah wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://waterbrookmultnomah.com/books/540868/get-out-of-your-head-by-jennie-allen/