Leesplan inligting

Rigtingwysers vir die LeweVoorbeeld

Reminders for Life

DAG 3 VAN 6

Die Krag van Voorbidding



Soms weet ons nie hoe om ons vriende of familie te help nie. Ons weet nie wat om vir hulle te doen nie. Miskien staar hulle 'n uitdagende tydperk of hindernis in die gesig. Miskien het hulle 'n fout gemaak of leef hulle ver van Jesus af. Jy weet net nie wat om te doen nie. 



Wat sou Abigajil voorstel dat jy doen? Wees 'n advokaat — 'n voorspraak.  



Wat is 'n voorspraak? Iemand wat vir iemand anders in die bres tree. 



Jy het waarskynlik vriende of selfs 'n broer of suster wat al vantevore vir jou ingetree het. Dink net aan 'n tyd toe jy as kind in die moeilikheid was. 'n Dapper broer het miskien jou saak bepleit met frases soos: "Hulle het nie regtig bedoel om … Dit was nie eens hulle skuld nie ... Miskien kan jy hulle vergewe ... Miskien net een week in plaas van twee ... " Hulle het vir jou ingetree. 



In 1 Samuel 25 ontmoet ons vir Abigajil en sien hoe sy intree vir Nabal, haar man. Abigajil is beskryf as 'n verstandige en intelligente vrou, maar haar man — nie eintlik nie. 



Kortom, Nabal het vir Dawid ontstel en hom nie gerespekteer nie. Hy het Dawid só ontstel dat Dawid reg was om oorlog teen Nabal en sy hele huisgesin te voer. Hy het sy manne na Nabal se huis begin lei, maar weet jy wat hom gekeer het? 



Abigajil het voor Dawid neergebuig en vir haar man ingetree. Sy het namens hom gepleit en om verskoning gevra. 



Jy kan op jou knieë gaan ​​en namens ander tot God bid. Die beste manier om diegene te help vir wie ons lief is, is om ons te wend tot die beste Helper wat ons het — Jesus. 



Die ironie is: ons tree nie net vir ons familie en vriende in nie. Jy kan in gebed intree vir die persoon wat jou in die verkeer afsny, vir die persoon wat oor jou geskinder het, en selfs vir die kollega wat jou irriteer. Jy voel miskien dat hulle dit nie "verdien" nie. Die naakte waarheid: ons verdien dit ook nie. 



Waarom is dit dan so belangrik om vir ander in te tree, selfs as ons nie lus het nie? Eerstens sê Jesus letterlik dat ons vir ons vyande moet bid. Tweedens, Jesus en die Heilige Gees tree elke dag vir ons in. Dit is beslis onverdiende genade wat aan ons bewys word. 



Jy kan meer wees as 'n vegter vir sosiale geregtigheid. Jy kan ook 'n gebedsvegter wees. As jy dieselfde genade uitleef as wat God jou gee, kan jy in die gebed vir ander intree. 



Vir wie moet jý bid? 



Bid: Here, ek wil nou voor U vir ___ in gebed tree. Ek weet dat U hulle kan help en ontmoet in hul oomblik van nood gedurende hul ___ tydperk. Dankie dat U ons liefhet. Dankie dat U u oor tot ons neig om ons gebede te verhoor. In die Naam van Jesus, amen.


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Reminders for Life

Watter raad het 'n paar minder bekende Bybelse figure om aan Millenniërs en/of dié van Generasie Z, te gee? Vind uit in hierdie 6-dag leesplan.

Ons wil graag Life.Church bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir verdere inligting, besoek gerus: https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid