Leesplan inligting

Rigtingwysers vir die LeweVoorbeeld

Reminders for Life

DAG 2 VAN 6

Die Krag van Gebed



Soms voel ons magteloos. Miskien probeer jy uitvind hoe jy hierdie hele volwasse ding kan doen. Miskien sukkel jy om uit te vind hoe jy die skool gaan betaal. Of dalk sukkel jy net om kop bo water te hou. Hoe dit ook al sy, jy weet nie wat anders om te doen nie, en jy weet nie hoe om die probleem op te los nie. 



Weet jy watter raad Jabes jou sou gee? Vra vir God. 



Daar is altyd baie promosies. Invloedryke mense op Instagram, mense op YouTube, asook besighede, adverteer gedurig nuwe produkte en items wat hulle wil weggee. Ons benoem so maklik drie vriende, deel 'n boodskap, of lewer kommentaar om 'n geskenkkaart, of iets dergliks te wen. 



Hoe vinnig sou ons lewens verander as ons so vinnig begin bid soos ons op daardie promosies reageer? God is oneindig vrygewiger en magtiger as enige invloedryke persoon op sosiale media. Hy wil graag van jou hoor, en Hy hou daarvan om gebede te beantwoord. Jabes het dit geweet. 



Jabes kom letterlik slegs in twee verse van die Bybel voor. In 1 Kronieke 4:9-10 leer ons die betekenis van sy naam, asook sy ywerige gebedslewe. 



In 1 Kronieke 4:10 lees ons: "Jabes het die God van Israel aangeroep met die woorde: 'Stort u seën oor my uit, vergroot my grondgebied, neem my onder u beskerming en weerhou onheil van my sodat geen smart my tref nie.' God het laat gebeur wat hy gevra het."



Het jy al ooit die gesegde gehoor: "Jy het nie omdat jy nie vra nie?" Jabes se verhaal en getuienis ondersteun dit beslis. Hy het tot God geroep, sy versoek bekendgemaak, en God het hom gegee waarvoor hy gevra het. 



Raai wat? Jy gaan niks verloor deur vir God te vra wat jy nodig het en wil hê nie. As jy jou gebede en versoeke vir jouself hou, ly net jyself daaronder.



Soms moet jy miskien 'n rukkie wag. Die vers sê nie dat God onmiddellik Jabes se versoek toegestaan ​​het nie. Dit sê net dat Hy dit toegestaan ​​het. Dit kon jare of maande of dae geneem het. Dit maak nie saak hoe lank dit duur nie, ons moet net aanhou bid en glo. 



Moet dit egter nie verkeerd verstaan nie. Om tot God te bid is nie soos om 'n wenslys te maak nie. Hy is nie hier om ons wense te vervul nie. Net omdat jy tot God bid, beteken nie dat jy alles kry wat jy wil hê of dat jy 'n probleemvrye lewe sal hê nie. Jesus het nooit belowe dat ons 'n pynvrye lewe sal hê nie. In werklikheid het Hy belowe dat ons probleme in hierdie lewe sal hê. 



Soms sê God dus "nee". God se "nee" is net so vriendelik soos God se "ja" — al voel dit nie op daardie oomblik so nie. Soms sê Hy "nee" omdat daar later 'n beter plan is en 'n beter "ja" gaan kom. 



En soms? Net soos met Jabes, mag God jou verwagtinge oortref. Hy kan meer doen as wat ons kan vra, dink, of ons voorstel. Ons moet net in geloof bid. 



Waarvoor moet jy vertrou en bid? 



Bid: God, U is 'n wonderlike Vader en groot Voorsiener. In geloof vra ek dat U ________. Dankie, Here. Amen.


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Reminders for Life

Watter raad het 'n paar minder bekende Bybelse figure om aan Millenniërs en/of dié van Generasie Z, te gee? Vind uit in hierdie 6-dag leesplan.

Ons wil graag Life.Church bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir verdere inligting, besoek gerus: https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid