SaligsprekingeVoorbeeld

Saligsprekinge

DAG 6 VAN 43

Lees: Matteus 5:4, Openbaring 21:3-4

SOAP: Matteus 5:4, Openbaring 21:3-4

Toe het ek 'n harde stem van die troon af hoor sê: "Kyk, die woonplek van God is nou by die mense. Hy sal by hulle bly; hulle sal sy volke wees, en God self sal by hulle wees as hulle God. Hy sal al die trane van hulle oë afdroog. Die dood sal daar nie meer wees nie. Ook leed, smart en pyn sal daar nie meer wees nie. Die dinge van vroeër het verbygegaan" - Openbaring 21:3-4

Dit is 'n belofte waaraan ons moet vashou: alles wat gebroke is, sal eendag verlos word. In Openbaring word daar vir ons 'n ongelooflike beeld gegee van die dag wanneer God alles reg sal maak: die afstand tussen ons en Hom sal vernietig word, ons lyding sal weggevee word, dood sal oorwin word en elke pynlike ding in ons lewens sal nie meer daar wees nie. 

Te midde van sulke pragtige beloftes kan dit maklik wees om die konteks mis te kyk: die woonplek van God is nou met ons. God sal nie net ons verhouding met Hom versoen nie, maar Hy sal ons "sy mense" maak. Hy sal die verlore en eensame individue bymekaarmaak in een gemeenskap en hulle Syne maak. Ons wag vir 'n dag sonder pyn en lyding, maar ons wag ook vir die dag wat ons waarlik die koninkryk van die hemel sal ervaar, die dag wanneer God se beloftes ten volle gerealiseer word, en die mense van God vir ewig met Hom sal wees.  

God, dankie dat U vir ewig u mense sal troos en genees. Help my om hierdie toekoms, u koninkryk, meer as enige iets anders op aarde te begeer. Gee my krag om nou lyding te verduur, sodat ek meer mense na hierdie toekoms wat U belowe het, kan wys. 

Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Saligsprekinge

Die Saligsprekinge bied diepe insig oor hoe om die Christelike lewe te leef. Dit bied vertroosting vir die onderdruktes, wysheid vir die onskuldiges en hoop vir die vermoeides. Dit bied vandag steeds troos, wysheid en hoop vir volgelinge van Christus. Ons leer waarheid uit die woorde wat Jesus 2000 jaar gelede gespreek het, soos ons streef om ons lewens te leef in die lig van die komende Koninkryk van God.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://lovegodgreatly.com/afrikaans/