SaligsprekingeVoorbeeld
Lees: Jesaja 66:2
SOAP: Jesaja 66:2
Nederigheid en onsekerheid is nie dieselfde nie. In plaas van 'n verlammende gebrek aan selfvertroue, is nederigheid wanneer ons tereg verstaan wie ons is en wie God is. Ons nederigheid is nie net gegrond in ons kleinheid nie, maar in God se grootheid. Ons word nie nederig deur krities te wees op onsself nie, maar deur God te loof en onsself onder sy regmatige gesag te plaas.
God verdien die hoogste lof en glorie vir sy skepping van die hele wêreld. Wanneer ons verlei word om krediet te vat vir ons eie gawes en talente, herinner ons aanbidding van God ons dat Hy al die krediet verdien vir die werk wat Hy ons bemagtig om te doen. God het die wêreld geskape deur te spreek en Hy het die reg om ons lewens te rig, die reëls te maak en sy skepping te oordeel. Nie net dit nie, maar Hy is genadig genoeg om 'n verhouding met ons te begin en ons te leer wat is die beste manier om ons lewens te leef.
Liewe Here, dankie dat U die wêreld en alles daarin geskape het. Dankie dat U my met talente geseën het en geleenthede gee om dit te gebruik. Help my om aanhoudend na U te kyk en te onthou dat U die bron van alle goedheid en waarheid is.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Die Saligsprekinge bied diepe insig oor hoe om die Christelike lewe te leef. Dit bied vertroosting vir die onderdruktes, wysheid vir die onskuldiges en hoop vir die vermoeides. Dit bied vandag steeds troos, wysheid en hoop vir volgelinge van Christus. Ons leer waarheid uit die woorde wat Jesus 2000 jaar gelede gespreek het, soos ons streef om ons lewens te leef in die lig van die komende Koninkryk van God.
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://lovegodgreatly.com/afrikaans/ |