Hoe Om Die Kerk Te WeesVoorbeeld
Dra by
Baie mense daag by die kerk op, sit in die banke, en wanneer alles verby is staan ons op en gaan aan met ons lewens.
Ons maak opmerkings soos: "Ek het van vandag se aanbidding gehou. Dit was regtig goed." Of: "Ek het nie gehou van die liedjies wat ons gesing het nie." Of miskien: "Man, die boodskap was regtig goed!" Of selfs, "Ag, ek was 'n bietjie verveeld vandag." Ons gaan dan aan met ons lewens sonder dat ons dit toelaat om ons te beïnvloed of te verander.
Om die Kerk te wees, beteken om iets te dóén.
By LifeChurch.tv, is een van ons kernwaardes die volgende:
Ons is geestelike bydraers, nie geestelike verbruikers nie. Die kerk bestaan nie vir ons nie. Ons is die kerk, en ons bestaan vir die wêreld.
Kom ek vra jou dus, is jy 'n geestelike verbruiker? Kom jy net om iets daaruit te kry en gaan dan redelik onveranderd huis toe?
Of, is jy 'n geestelike bydraer? Dit beteken dat jy regtig hierdie goed glo en jy wil iets daaraan doen.
As dit jy is, dan is die uitdaging om seker te maak jy is gereed om te dien. Ernstig nou, moenie net hier lees en sê: "Ja, ek moet dien" nie. Gaan en doen dit! Leef die unieke gawes, talente en doel uit wat God vir jou gegee het.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Wat is die Kerk werklik? Wat beteken dit om die Kerk te wees? In hierdie leesplan, sal jy ontdek hoe jy die Kerk kan wees wat 'n verskil in hierdie wêreld maak.
More