My Kind is Anders: Ondersteuning vir die Goeie en Slegte TyeVoorbeeld
'n Oordenking deur Heather Brower
Om 'n Volgeling van Christus Groot te Maak
As jy self 'n volgeling van Christus is en jy het kinders, is die grootste las wat jy dra, dat hulle ook hul hemelse Vader sal leer ken en die liefde en verlossing wat Jesus vir hulle voorsien het, sal aanvaar. Ook dat hulle 'n lewe mag lei wat deur die Heilige Gees bemagtig is! Dit was altyd my belangrikste doel vir my kinders — en ook myself. Die vraag is egter hoe om my outistiese seun van Jesus te leer. Sal hy omgee? Sal hy verstaan? Sal hy dit ooit aan my kan kommunikeer as dit wel die geval is? Sal my woorde en liefde ooit tot hom deurdring?
Uiteindelik het die vrae waarmee ek geworstel het, uit my eie gebrek aan geloof en my eie verkeerde begrip oor die krag en liefde van ons Vader gekom.Dit was nog nooit ons ouers se verantwoordelikheid om die harte van ons kinders te verander nie. Dit is die werk van die Heilige Gees — en sy werk is nie aan menslike intellek of vermoëns gekoppel nie. Sy werk is bonatuurlik. Hy het ook ons kinders nog baie liewer as waartoe ons in staat is!
Tog, wat moet 'n ouer dan doen? Lees verder die vier belangrike vrae waaroor ons dikwels wonder.
1. Kan my kind 'n Christen word, selfs as hy intellektueel gestremd is? Die goeie nuus is dat ons 'n God dien wie se liefde en reikwydte na ons,begrip nie aan ons kognitiewe vermoëns gebonde is nie. Niemand verstaan selfs net 'n klein bietjie wie God werklik is nie. Die Bybel sê ons ken net ten dele, dis asof ons slegs vlugtige weerspieëlings sien van wie God is. Ons mag dalk nooit die geheimenisse van God kan verstaan en hoe Hy die heelal georden het nie. Die meeste mense het egter genoeg begrip om God se genade en verlossing te kies en te aanvaar.
Wat van ons kinders wat spesiale behoeftes het? Teoloë dink reeds lank dat daar waarskynlik 'n "ouderdom van aanspreeklikheid" is wat vir elke mens verskillend is. Dis soos die ouderdom wanneer kinders begin verstaan. Ons kinders mag dalk nooit daardie vlak van begrip bereik om te verstaan wat hulle moet doen om gered te word en dit dan te kies, of nie.
Waarop kom dit dus neer? Ons sal nooit werklik weet wat in die denke van ons kinders aangaan nie. Ons is nie God nie! As ouers, is dit ons opdrag om ons kinders te onderrig oor wat reg is, om hulle die goeie nuus te vertel dat Jesus hulle liefhet en vriende met hulle wil wees, en om hulle te help om in God se weë te wandel — soos vir elke kind, ongeag hul vermoëns. Dit is wat ons kan doen.
2. Kan my kind wat 'n kommunikasie gestremdheid het, 'n Christen word — wat van "sondebelydenis"? Kom ons kyk waarom ouers soms hieroor kopkrap. Ons lees in Romeine 10:9 "as jy met jou mond bely dat Jesus die Here is ... sal jy gered word". Wel, wat as my kind nog nooit gepraat het nie en waarskynlik ook nooit sal nie? Kom ons lees eers weer die antwoorde in punt 1 hierbo. Dan moet ons ook onthou ons praat van 'n absoluut regverdige God wat ons deur genade red, nie deur ons dade nie. Indien jy dink jou seun of dogter is verstandelik in staat om dit wat jy hulle oor Jesus leer te verstaan, maar nie hulself in woorde aan jou of God kan uitdruk nie, dan is God meer as in staat om hulle op hulle vlak te ontmoet. Hy sal nooit van enigeen verwag om iets te doen wat ons nie kan nie. Dit is waaroor sy genade gaan.
3. Hoe praat ek met my gestremde kind oor die doop? Dit is 'n goeie vraag. Ek was bevoorreg om 'n paar jaar gelede my seun deur die doop te kon lei. Toe hy my die eerste keer daaroor uitgevra het, wou hy 'n kans hê om in die kerk te swem. Ek het geweet die tyd is nog nie reg nie. Uiteindelik het hy my weer oor die doop begin uitvra. Hy wou weet of hy ook gedoop kon word. Dit het gelyk of hy verstaan, dus het ons voortgegaan! Dit was 'n baie betekenisvolle dag vir ons gesin. Ons praat vandag nog daaroor. As jou kind die begeerte het om gedoop te word, dan stel ek voor dat jy daarmee voortgaan. Indien jy bang is die ervaring mag te oorweldigend wees, kan jy met die kerk se leierskap praat om te hoor of hulle êrens anders of op 'n ander tyd jou kind kan doop. Dalk is 'n swembad waarmee jou kind bekend is, meer geskik om jou kind in te doop.
4. Hoe sal ek weet of my kind verstaan wat dit beteken om Christus te volg? Dit is 'n moeilike vraag om te beantwoord, ongeag jou kind se vermoëns. Trouens, ek dink dis onmoontlik om te beantwoord. Moet dus nie eens probeer nie! Ouers moet weet dat ongeag jou kind se vlak van begrip, is daar sekere dinge wat ons nie ten volle kan verstaan nie. Ek glo werklik dat hierdie vraag terugverwys na die een: "Wat kan ek as ouer doen om my kind te help om die weg na God te vind en daarop te bly?" Ons kom môre daarby uit!
Om 'n volgeling van Christus wat 'n gestremdheid het, groot te maak, kan net so seker gebeur as 'n kind sonder gestremdheid. Ons as ouers, ongeag die vermoëns waarmee ons kinders gebore is, moet volhard en ons geloof toelaat om in te staan wanneer ons oë nie kan sien of ons 'n verskil maak of nie.
Joernaal: Watter ander vrae het jy vir God? Skryf dit neer. Oorweeg dan watter vrae slegs deur geloof beantwoord kan word.
Aangaande hierdie leesplan
Hierdie leesplan is bedoel vir ouers van kinders met gestremdhede, wat verskillend is of enige spesiale behoeftes het — ongeag waar jy jou in jou reis bevind. Lees wat ander ouers en ondersteuners sê hoe om die gevoelens te hanteer, die beproewinge aan te pak en die oorwinnings te geniet wanneer dit by ouerskap kom van 'n kind wat verskillend is.
More