Die Manifes vir Romantiese AfsprakeVoorbeeld

The Dating Manifesto

DAG 4 VAN 7

Verantwoordelikheid en Leierskap

Verantwoordelikheid:
Dit is hier waar jy begin om jou lewensvaardighede te bemeester en te leer wat dit is om in die regte wêreld te lewe. Dit gaan alles daaroor om 'n werk te kry en dit te behou, om jou geld te bestuur, om te leer hoe om 'n huishouding te bestuur, verantwoordelike besluite te neem en te sorg vir die dinge en mense wat aan jou toevertrou is.

Dit is ook om te leer hoe om vir jou tyd en talente te "begroot". Dit is om te weet wanneer om te werk en wanneer om te speel. Dit is om te weet dat werk goed is en dat dit tot die verheerliking van God gedoen moet word. Dit is om te weet dat speel ook goed is en dat dit gebruik moet word om jouself te verfris en te vernuwe, nie as ontvlugting of vir ledigheid nie.

Daar is waarde daarin om uitdagings te aanvaar, risiko's te neem en moeilike dinge te doen. Druk jouself en laat ook ander toe om jou aan te spoor. Soms is die maklike pad die regte pad, maar soms is dit net maklik. Ken die verskil.

Leierskap:
Jy mag dalk jonk wees. Jy mag dalk op die onderste trappie by die werk wees. Jy het dalk nie eens 'n werk nie. Dit maak nie saak nie. Jy is steeds 'n leier.

Eerstens, jy is in beheer van jouself. Dit is 'n begin.

Daar is egter meer. Jy word benodig. Almal (beslis elke Christen) word geroep om te dien waar ons is en om te lei as die geleentheid hom voordoen. Dit mag dalk in 'n rol wees met 'n groot titel, dit mag dalk in 'n klein maar deurslaggewende oomblik wees waar karakter nodig is. In beide omstandighede, word jy ten toon gestel. Wat sal jy doen?

Ek weet dit kom die meeste dae voor of my nommer een doel is om my lewe gemakliker te maak. Ek het geen probleem om vir myself te sorg nie, maar diegene wat oor hulleself kan kom, oes groot voordele. Hulle het die kans om 'n verskil te maak. Hulle het die kans om die wêreld te verander.

Moenie bang wees om 'n voorbeeld te wees nie, ongeag jou ouderdom. Onthou die woorde van Paulus aan Timoteus: "Niemand mag op jou neersien omdat jy jonk is nie, maar wees jy vir die gelowiges 'n voorbeeld in woord en gedrag, in liefde, geloof en reinheid" (1 Timoteus 4:12).

Uiteindelik, onthou dat ywerige leierskap jou nou voorberei vir leierskap van 'n toekomstige gesin. Jy is in opleiding; win soveel ondervinding in as wat jy kan.

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

The Dating Manifesto

Nog steeds enkellopend, alhoewel jy dalk eerder getroud wil wees? Lisa Anderson, gasheer van die "Boundless-potgooi" is ook enkellopend. In haar tipiese humorgevulde styl, bied sy goeie Bybelse insigte en bemoediging wat uit haar nuwe boek, "The Dating Manifesto", kom.

More

Baie dankie aan Lisa Anderson en David C Cook wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: www.dccpromo.com/the_dating_manifesto/