Die Manifes vir Romantiese AfsprakeVoorbeeld
Christus en die Kerk
Is jy troumateriaal? Groei jy in volwassenheid ... groei jy in die eienskappe wat saak maak, ongeag jou verhoudingsstatus? Hier is twee "grotes" om te bespreek (ons sal môre nog twee doen):
Kom nader aan Jesus:
As jy 'n Christen is, moet dit voor die hand liggend wees. Soveel jong Christene het egter vandag 'n vlak, net in naam en passielose geloof geabsorbeer dat dit spesiale klem verdien.
Wat moet dus gebeur? Wel, jy moet ernstig raak oor jou geloof. Dit moet jou lewe deurdrenk, jou hart herskep en die katalisator wees vir elke liewe besluit wat jy neem. Jou verhouding met Christus is groter en beter as enige van jou ander verhoudings. Hy is nommer een.
Wat is geloof nie? Dit is nie om baie van die Bybel te weet nie. Dit is nie om in die kerk groot te word of lid van 'n kerk se jeuggroep te wees of om na 'n Christelike skool toe te gaan nie. Dit is nie om Christelike ouers te hê nie. Dit is nie om Afrikaans te wees nie. Dis nie om vir John Piper of Francis Chan elke paar dae te her-tweet of om elke jaar na die Christelike konferensies toe te gaan nie.
Om in versoening met God te lewe is jou Verhouding 101 en dit maak saak. Buitendien, deur te weet wie jy in Christus is, sal jou help om later in jou lewe groot besluite te neem. Soos die huwelik. Want jy moet iemand wat ook na aan Jesus lewe, kry om mee te trou. Hoekom? Want om saam in die huwelik te lewe, in die lig van die ewigheid met God terwyl jy nou genade uitleef, is die enigste manier om te lewe. Dit maak nie saak hoe goed jou huwelik is as jy hel toe gaan nie, of hoe?
Plaas Jesus dus eerste, en hou Hom daar. Plaas jou toekomstige lewensmaat stewig in die tweede plek. Jy sal bly wees dat jy het. Jy sal die beste fondament vir volwassenheid hê wat daar is.
Verbind jou aan 'n plaaslike kerk:
Die Bybel sê ons om deel te wees van 'n kerk. 'n Fisiese kerk met regte mense. Die Nuwe Testamentiese kerk het lyste gehou van sy lidmate. Dit het gesorg vir sy mense, insluitend die weduwees (ek dink enkellopende dames behoort hierby ingesluit te word). Dit het saam brood gebreek, gemeenskaplike dinge gedeel en bemoediging en regstelling gebied. Dit sluit ook 'n ruimte in vir die mandaat van korporatiewe aanbidding en nakoming van die sakramente.
Ons het dieselfde nodig.
Luister na die Woord wat gepreek word. Sluit by 'n Sondagskool of kleingroep aan. Begin om jou tiende te gee. Begin om te dien. Word 'n bydraer en nie 'n verbruiker nie. Jy sal jou spiere van onbaatsugtigheid versterk wat jy nie eens geweet het bestaan nie.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Nog steeds enkellopend, alhoewel jy dalk eerder getroud wil wees? Lisa Anderson, gasheer van die "Boundless-potgooi" is ook enkellopend. In haar tipiese humorgevulde styl, bied sy goeie Bybelse insigte en bemoediging wat uit haar nuwe boek, "The Dating Manifesto", kom.
More