Hoe Om Terug Te Keer Na GodVoorbeeld
Ek Kan Dit Nie op My Eie Doen Nie
Ons almal het dinge in ons lewens waaraan ons nog vasklou, ongeag waar jy jouself op jou pad terug na God bevind. Vir sommige is dit 'n geheime aktiwiteit of gewoonte waarvan niemand weet nie. Tog is dit vir ander heel duidelik dat ons nog steeds iets najaag.
Waarna jaag jy nog? Wat moet jy laat vaar? God laat nie iets nuuts in jou lewe toe voordat jy nie ontslae geraak het van iets wat stukkend of gebreek is nie.
Nadat jy van spyt bewus geword het — moet jy besef dat jy hulp nodig het. Hierdie laaste bewuswording bring ons baie nader aan God, want ons besef ons kan dit nie op ons eie aanpak nie. Wat gebeur volgende?
Jy bel iemand. Jy gesels met iemand. Jy word deel van 'n ondersteuningsgroep. Jy glip in die laaste ry kerkbanke in. Dan val jy op jou knieë en roep uit: “Vader, as U daar is ...!” (Handelinge 3:19).
Om jou rug te keer op vernietigende keuses en hulp te soek, is deel van berou. Om berou te hê, is om huis toe te gaan, daar waar jy hoort. Om huis toe te gaan, gaan oor vergifnis. Dit gaan ook oor die versekering van 'n lewe in die hiernamaals. Tog gaan dit ook daaroor om 'n nuwe doel en rigting vir jou lewe te vind wat jy nêrens anders kan vind nie. Dit gaan oor 'n verhouding met God. Jy moet jou lewensreis herbeplan en terugkeer waarvandaan jy gekom het en waar jy hoort. As jy berou het, sal God jou verander. Jy tree anders op. Die Bybel sê dat die Gees van God nou in jou kom woon en dit bring 'n beduidende en volgehoue herskepping in jou tot stand.
Hou in gedagte dat die doel van berou nie is dat jy sleg moet voel nie. Inteendeel, die Bybel sê dat ware berou na "tye van verkwikking" na die Here lei (Handelinge 3:20). Berou is om weer te begin en te erken: "Ek het hulp nodig". Hierdie oproep om berou, wegkeer van sonde en terugkeer na God, is vir almal bedoel.
Vandag kan die dag wees wanneer jy huis toe gaan. Staan op daar waar jy nou is en kom huis toe, waar jy hoort. Dit maak nie saak watter verkeerde besluite jy in die verlede geneem het nie. God sê vir jou: “Wat jy ook al gedoen het, wat jy ook al geword het, maak nie saak nie. Kom net huis toe.”
Waaroor moet jy vandag berou toon? Hoe kan berou jou na "tye van verkwikking" saam met God lei?
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Wil jy meer uit die lewe kry? Om meer te wil hê, is eintlik 'n verlange om terug te keer na God — waar jou verhouding nou ook al met God mag wees. Almal van ons ondervind mylpale — of ontwakings — soos wat ons ons pad terugvind na God. Kom reis deur elkeen van hierdie ontwakings en maak die gaping kleiner tussen waar jy nou is en waar jy wil wees. Ons wil God vind en Hy wil gevind word.
More