Hoe Om Terug Te Keer Na GodVoorbeeld
Ek Wens Ek Kan Weer Begin
Die volgende deurbraak in jou terugkeer na God word die ontwaking van spyt genoem. Jy kyk een oggend terug oor jou lewe en besef dat jy, ten spyte van al jou beste probeerslae, 'n gemors daarvan gemaak het. Jy is vol teleurstelling en berou. Noudat jy alles meer duidelik sien, wil jy graag 'n tweede kans hê. Jy is egter nie seker jy verdien dit nie.
As jy mooi daaroor dink, hoekom sou jy?
Moet egter nie moed verloor nie.
In ons binneste het elkeen van ons 'n oortuiging dat ons iets goeds, sowel as liefde, in ons het en dat ons geskape is vir meer daarvan. As ons in die put is en besef watter gemors ons van ons lewens gemaak het en die lewe van ons gemaak het, begeer ons om "van voor af" te begin.
Die wonderlike ding is dat jy weer kan begin. Jou intuïsie dat jou oorsprong in goedheid en liefde gewortel is, is absoluut korrek. God laat jou toe om weer te begin.
Die meeste van ons, as ons reg is om weer te begin, wil weer teruggaan na die lewe waar ons was voor alles verkeerd geloop het. God het egter iets anders in gedagte gehad. Hy wil ons nie net help om terug te keer na die beter lewe wat ons onsself verbeel nie. Hy wil hê ons moet 'n totaal ander lewe ervaar. Dit is nie net jou toekoms wat verander wanneer jy jou pad na God terugvind nie, maar ook jou verlede en hede.
Is jy gereed om die ou lewe vaarwel te roep? 'n Lewe van dae met pyn van die verlede, geen doel vir vandag en geen selfvertroue oor die toekoms nie. Jou reis weg van spyt en na jou tuiste in God, neem jou ook na 'n dieper, ware lewe — die soort wat jou nooi om vandag van voor af te begin en te lewe volgens die droom wat God vir jou het . . . vir altyd.
Hoe sal dit wees om te glo dat God jou toelaat om vandag van voor af te begin? Hoe sal dit jou gedagtes oor jou toekoms verander?
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Wil jy meer uit die lewe kry? Om meer te wil hê, is eintlik 'n verlange om terug te keer na God — waar jou verhouding nou ook al met God mag wees. Almal van ons ondervind mylpale — of ontwakings — soos wat ons ons pad terugvind na God. Kom reis deur elkeen van hierdie ontwakings en maak die gaping kleiner tussen waar jy nou is en waar jy wil wees. Ons wil God vind en Hy wil gevind word.
More