Veranderde Lewe: VergifnisVoorbeeld
Beweeg Vorentoe
Soms voel ons dat ander nie ons vergifnis verdien na wat hulle aan ons gesê en gedoen het nie. Ons voel geregtig om vergifnis van hulle te weerhou, maar in werklikheid hou ons net meer bitterheid, woede en hartseer terug. Om ander te vergewe, gee vir ons die vryheid om weg van ons pyn vorentoe te beweeg.
Dit beteken nie dat ons ander moet uitsluit of ons harte moet afsluit omdat ons seergekry het nie. Ons moenie die sondes van die mense uit ons verlede plaas op die mense wat ons in die toekoms ontmoet nie. So 'n beperkte lewe is nie God se wil vir ons nie.
Wanneer ons kies om oor te gee aan God se wil vir ons lewens en ons kies om daagliks te vergewe, sal ons elke dag as 'n hernude kind van God lewe. Ons kan beskikbaar, betrokke en openhartig wees met die mense om ons, want ons weet God is ons beskermer. Ons kan leef volgens wie God sê ons is, nie wat ander van ons sê nie.
Uit my ondervinding maak gewonde mense ander seer. Wanneer ons kan raaksien dat die mense om ons ook seer het, word hulle nie meer ons vyande net omdat hulle ons sleg hanteer nie. Ons begin verstaan dat iets in hulle verlede hulle gedrag veroorsaak. Dit moet ons ontferming wek, nie ons woede nie. Net soos ons, loop hulle rond met wonde wat vergifnis, genesing en herstel nodig het.
Ons het 'n werklike vyand, maar dit is nie die mense wat ons seermaak nie. Dit is 'n geestelike vyand wat ons geluk, vrede en verhoudings wil vernietig. Al het ons reeds vergewe, moet ons waaksaam bly. Ons vyand sal alles doen wat hy kan om ons weer in ons pyn terug te sleep en ons lewens te vernietig. Ons moet die volle wapenrusting van God elke dag aantrek en teen die vyand se strategie baklei deur ander te vergewe soos Christus ons vergewe.
Met God se hulp, kan ons tot op 'n punt kom waar ons Hom geheel en al vertrou met ons verlede en ons toekoms. Hy gebruik wat in ons lewens gebeur het om ons nader aan Hom te trek. Hy bou ons geloof op totdat ons weet dat Hy ons weer en weer sal genees, want Hy het ons al vantevore genees. Hy gee 'n doel aan ons pyn deur ons te gebruik om ander te bemoedig terwyl hulle deur hulle stryde gaan.
Ons kan ander vrylik vergewe en dankbaar wees vir wat ook al gebeur wanneer ons ons pyn aan God oorgee en Hom toelaat om ons te genees, want ons weet Hy sal ons verhaal gebruik tot sy eer. Ons is geroepe om meer lief te hê en meer te vergewe terwyl ons streef om meer soos Jesus te word.
Terwyl hierdie leesplan tot 'n einde kom, verbind jouself daaraan om voort te gaan met die harde werk om ander te vergewe. Oorweeg dit om hierdie leesplan weer en weer te lees terwyl jy God vertrou om jou stukke seerkry een vir een te genees.
Ons bid dat God hierdie leesplan gebruik het om tot jou hart te spreek.
Verken ander "Living Changed" leesplanne by
Leer meer oor "Changed Women's Ministries"
Aangaande hierdie leesplan
Baie van ons loop nog rond met wonde van wat mense in die verlede gesê of gedoen het. Ons sukkel gedurig onder die gewig van daardie las, want ons is ongewillig of onseker hoe om te vergewe. Hierdie leesplan gaan nie daaroor om iemand vry te stel of ander beter te laat voel nie. Dit is vir jou. Vir jou om te leer hoe om te vergewe sodat jy kan genees, jy vrede van jou verlede kan vind en 'n veranderde lewe kan begin leef.
More