Veranderde Lewe: VergifnisVoorbeeld
Vernuwing
As ons toelaat dat pyn ons deurtrek, sal dit ons lewens oorneem. In plaas daarvan bied God aan ons vernuwing. Deur oor te gee aan Hom en sy genesende krag, herstel God ons om beter te wees as wat ons was.
Ons glo te dikwels leuens oor onsself as gevolg van wat ander oor ons gesê en gedoen het. Wanneer ons daardie leuens wat saam met die seer kom aan God oorgee, vervang Hy dit met die waarheid. Hy hervorm ons identiteit gebaseer op wat Hy van ons sê en nie op hoe ons behandel is nie. Hy herstel ons terug na die meesterstuk wat Hy gemaak het voordat storms, verwoesting en vernietiging ons gebreek het.
Vernuwing is wanneer ons in die waarheid begin leef dat ons nie is wat met ons gebeur het, of wat oor ons gesê is nie — ons is kinders van God. Alhoewel ander ons mag verwerp, sal Hy nooit nie. Ons is nie slagoffers nie. Ons is oorwinnaars in Christus! Dis 'n verandering in ons denke en fokus om te besef dat ons oorwinnaars is deur die bloed van Jesus.
Vernuwing is wat God doen. Hy het verlamdes laat loop, blindes laat sien. Hy het Lasarus uit die dood opgewek. Dit is wat Hy doen — herstel, genees en om lewe te gee. Wanneer ons Hom vertrou met ons pyn en met ons toekoms is Hy getrou om verharde harte weer lewe te gee.
Dit laat my dink aan 'n huis. Wanneer ouderdom en die weer dit oor 'n tydperk verweer het, moet iemand met ondervinding herstelwerk doen. Om 'n huis te herstel, kan die bouers nie net die mure verf en nuwe matte insit nie. Hulle moet 'n nuwe fondament bou en die struktuur versterk sodat die huis toekomstige slytasie kan weerstaan.
Net soos 'n huis, moet ons fondament eers herstel word voor die uiterlike mooi gemaak kan word. Ware vernuwing beteken om die tyd af te staan om deur 'n diep emosionele genesing saam met God te gaan, sodat ons nie net ander kan vergewe nie, maar ook weer kwesbaar kan wees. Vernuwing beteken om die mense lief te hê wat ons seermaak omdat jy God gehoorsaam en meer soos Hy wil wees.
Met 'n sterk fondament kan die stormwinde maar waai, die huis sal bly staan. In ons lewens is God se teenwoordigheid genoeg om ons denke te vernuwe, ons te lei na vrede wat alle begrip oorskry en ons help om ander lief te hê — ten spyte van die storm wat om ons woed.
Namate jy deur die proses van genesing vorder, verklaar jou geloof in God se vernuwende krag en vra Hom om die gebroke stukke van jou lewe te herstel. Vra Hom om sy waarheid oor wie jy is te openbaar en laat dit, nie jou pyn nie, oor jou regeer. Vra God ook om jou hart te versag sodat jy die mense om jou ten volle lief kan hê.
Aangaande hierdie leesplan
Baie van ons loop nog rond met wonde van wat mense in die verlede gesê of gedoen het. Ons sukkel gedurig onder die gewig van daardie las, want ons is ongewillig of onseker hoe om te vergewe. Hierdie leesplan gaan nie daaroor om iemand vry te stel of ander beter te laat voel nie. Dit is vir jou. Vir jou om te leer hoe om te vergewe sodat jy kan genees, jy vrede van jou verlede kan vind en 'n veranderde lewe kan begin leef.
More