Versameling: Vind Saam Die LeweVoorbeeld
Kom ons gesels oor romantiese afsprake, doelwitte en hoe alles inpas.
Ons het baie gesels oor die belangrikheid van verhoudings, maar kom ons gesels nou oor romantiese afsprake. Vir 'n Christen kan dit 'n ongemaklike en effens gewaagde onderwerp wees. Miskien is dit omdat daar so baie raad is wat nie altyd nuttig is nie.
Jy kan eerstens die onnodige druk vermy wat met romantiese verhoudings gepaard gaan. Mense praat dikwels daaroor om "die Een" te vind, maar dit bestaan glad nie. Niemand gaan jou heeltemal vervuld laat voel nie. Net Jesus kan jou diepste begeertes vervul; die begeertes om geken te word, om raakgesien te word en om liefgehê te word vir die mens wat jy is. Jy moet eerder op die uitkyk wees vir iemand wat Jesus met passie navolg en wat jou kan help om 'n beter volgeling van Christus te wees.
Dit beteken nie dat elke koffie-afspraak 'n antwoord soek op die vraag: "Is dié persoon iemand met wie ek kan trou?" nie. Jy kan mense leer ken en na hulle stories luister. Konsentreer egter daarop om vriendskappe te bou, eerder as om in elkeen 'n moontlike troukandidaat te sien.
Jy moet grense stel om gesonde verhoudings te handhaaf. Besluit nou hoe jy 'n afspraak gaan hanteer en waar jy fisiek, geestelik en emosioneel grense gaan stel.
Jy moet egter seker maak dat jy nie die grense probeer vermy nie. Jy moenie dink aan dinge wat jy NIE moet doen nie. Dink eerder daaraan hoe die verhouding eer aan God kan bring. As dit jou doel is, is dit baie maklik om die regte grense te stel om jouself te beskerm teen toekomstige seerkry.
Daar kan ook spanning ontstaan tussen verhoudings en navolging van jou doelwitte, maar dit hoef nie so te wees nie. Moenie wag om jou doelwitte te stel wanneer jy reeds in 'n verhouding is nie, want onthou, een persoon kan jou nie ten volle vervul nie.
Vra eerder vir God wat jou volgende stap moet wees, en doen dit. Wag vir verhoudinge met 'n doel deur jou doelwit uit te leef.
Daar is baie druk op jou om verder te studeer, 'n verhouding aan te gaan, verloof te raak en te trou. Dis reg en goed vir sommige mense, maar nie vir almal nie. En dis ook goed so. Vermy verwagtinge oor wat veronderstel is om te gebeur, en geniet die lewenstydperk waarin God jou nou geplaas het.
God het 'n plan vir jou, of jy nou in 'n verhouding is, of enkellopend, fokus dus daarop om dinge reg te doen en liewer te word vir Jesus. Die res sal vanself kom.
Dink hieroor: Hoe anders sal jou volgende (of huidige) verhouding lyk as jou doel is dat "die verhouding eer aan God moet bring" in plaas van "wat kan ek doen om nie die grense te oorskry nie?"
Bid: Vader, ek wil hê dat my lewe U sal eer. Dit sluit my romantiese verhoudinge in! Help my om gemaklik te wees met wie ek is en hoe U my gemaak het. Ek wil my doel uitleef, of ek enkellopend of in 'n ernstige verhouding is. Help my om die persoon met wie ek in 'n verhouding is, te help om nader aan U te kom. In die Naam van Jesus. Amen.
Aangaande hierdie leesplan
Wanneer jy 18 word, voel dit of jy jou lewe in orde moet kry. Wat as jy dit nie regkry nie? Die plek waar jy nou is, is dalk nie die plek waar jy gedink het jy nou sou wees nie. Jy is nie die enigste een nie. Kom ons beredeneer die lewe se belangrike vraagstukke in hierdie 7-dag leesplan vir jongmense deur Versameling van Life.Church.
More