Woorde Maak SaakVoorbeeld
Lees: Job 15:3, Psalm 94:4, Psalm 109:3, 1 Korintiërs 3:3, 2 Timoteus 2:14, 2 Timoteus 2:23
SOAP: 2 Timoteus 2:23
Wat is jou gunsteling sosiale media platform? Instagram, Facebook, Twitter? Op watter een van hierdie platforms spandeer jy die meeste van jou vrye tyd? Laat ek ‘n paar dinge met jou deel wat ek besef het oor sosiale media.
1) Mense het gesprekke met mekaar op sosiale media wat hulle nie van aangesig tot aangesig sou gehad het nie, as gevolg van ‘n sekere graad van anonimiteit. Baie mense beledig mekaar van agter 'n skerm omdat hulle name en gesigte onbekend is.
2) Baie van hierdie gesprekke op sosiale media is belaglike strydvrae. Mense begin argumente met die mees onredelike motiewe.
3) Meeste van die mense op sosiale media deel hulle persoonlike opinies sonder om ander se oogpunt raak te sien.
As Christene, word ons opgeroep om niks te doen te hê met dwase, nuttelose strydvrae nie, en om ongegronde argumente en arrogante woorde te vermy. Ons moet net so versigtig met ons woorde wees op sosiale media soos wat ons in die regte lewe is.
Sosiale media kan ‘n wonderlike hulpmiddel wees om ander te bereik en hulle te vertel van Jesus. Ons kan dit gebruik om te bemoedig, om mense aan die ander kant van die wêreld te help en om die kerk op te bou. Gebruik jy jou sosiale media om God te eer en aan Hom lof te bring?
Dierbare Vader, help my om toerekeningsvatbaar te wees vir die dinge wat ek deel op sosiale media. Ek wil nie soos die res van die wêreld argumenteer en in onbenullige strydvrae betrokke raak nie. Help my om wys te wees met die woorde wat ek aanlyn deel. Ek wil 'n getuie wees van U werk, ‘n boodskapper van die Evangelie. In Jesus se naam, amen.
Aangaande hierdie leesplan
In hierdie studie gaan ons in God se Woord delf en leer wat Hy sê oor die woorde wat ons teenoor onsself en ander spreek en woorde wat die wêreld verander. Ons sal leer om God en ander te eer met ons woorde. Ons bid dat hierdie studie vir ons diepe insig sal gee oor hoe ons woorde kan spreek wat lewe gee en lewens verander.
More
Ons wil graag vir Love God Greatly Afrikaans bedank vir hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.lovegodgreatly.com