Woorde Maak SaakVoorbeeld

Woorde Maak Saak

DAG 25 VAN 29

Lees: Job 2:13, Job 6:24, Spreuke 11:12, Prediker 3:7, Jakobus 1:19

SOAP: Jakobus 1:19

In hierdie wêreld is daar ‘n tyd en ‘n plek vir alles. En verseker is daar ‘n tyd om stil te bly. Dit kan ‘n duur les wees om te leer, maar ‘n baie waardevolle een. Ons moet leer om stil te bly en nie te reageer op alles wat ander mense ons vertel nie.

Daar is ‘n sekere kwesbaarheid in stilbly wat ons soms bang kan maak. Maar die Bybel stel dit duidelik: daar is ‘n tyd om te praat en ‘n tyd om stil te bly. Wanneer jy niks het om te sê nie, wanneer daar dinge is wat beter is om ongesê te bly, of wanneer jou opinie nie gevra word nie… dan is dit beter om stil te bly as om ander seer te maak of hulle ongemaklik te laat voel met jou woorde.

Jakobus herinner ons daaraan dat ons “gewillig moet wees om te luister, nie te gou te praat nie en nie te gou kwaad word nie.” God het aan ons twee ore en een mond gegee. Ons is veronderstel om ons ore twee maal meer te gebruik as ons monde! In die geval van woorde - minder is dikwels meer.

Spreuke 10:19 herinner ons dat, “Met baie praat bly die sonde nie uit nie; wie sy woorde tel, is verstandig.” Wil jy gereken word as ‘n wyse, verstandige vrou? Leer dan om te luister en stil te bly. Dit is belangrik om te leer om in die gepaste oomblik en met die regte woorde, te praat. 

Hemelse Vader, help my asseblief om te leer wanneer om te praat en wanneer om stil te bly. Beheer my tong en maak my ore oop om na hulle rondom my te luister. In Jesus se naam, amen.

Dag 24Dag 26

Aangaande hierdie leesplan

Woorde Maak Saak

In hierdie studie gaan ons in God se Woord delf en leer wat Hy sê oor die woorde wat ons teenoor onsself en ander spreek en woorde wat die wêreld verander. Ons sal leer om God en ander te eer met ons woorde. Ons bid dat hierdie studie vir ons diepe insig sal gee oor hoe ons woorde kan spreek wat lewe gee en lewens verander.

More

Ons wil graag vir Love God Greatly Afrikaans bedank vir hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.lovegodgreatly.com