Lewe ‘n Doelgerigte Lewe!Voorbeeld
“Wees ‘n Effektiewe Getuie”
Om te weet hoe om ‘n effektiewe getuie te kan wees in ons alledaagse wêreld, begin deur te verstaan wat God wil hê ander in ons lewens moet raaksien. Die kort antwoord is: Jesus. Maar wat beteken dit?
Jesus gee ‘n perfekte voorbeeld van hoe God wil hê ons moet lewe. Terwyl Jesus op aarde was, in ‘n wêreld wat baie verskil van ons s’n vandag, het Hy die volle karakter van God beliggaam en ‘n relevante voorbeeld vir ons moderne wêreld daargestel.
Dit is God se karakter wat Hy baie graag in ons lewens wil ontwikkel en wat ander moet kan raaksien. Dit word slegs bereik deur ons persoonlike verhouding met Jesus.
Net soos ‘n loot wat in die wingerdstok bly, sy lewe daaruit kry en daarom vrugte sal dra, net so is dit vir ons wat in 'n verhouding met Jesus bly – ons dra vrugte – of demonstreer God se karakter aan ander, deur ons lewens.
Wanneer God se karakter in en deur ons werk – sy liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, kalmte en selfbeheersing - word ons ‘n effektiewe getuie in ons alledaagse lewens.
Net soos wat dit in die tyd van Jesus was, is die uiterlike, aktiewe uitdrukking van God se karakter deur ons lewens – die vrug van die Gees – uniek. Dit trek die aandag van beide Christene en ongelowiges, en dit is nie ongewoon as iemand daaroor navraag doen nie.
Wees voorbereid. Iemand mag dit dalk raaksien en navraag doen op ‘n tyd wanneer jy dit die minste verwag. Jou persoonlike getuienis van verlossing en van God se volgehoue werk in jou eie lewe, is ‘n groot aanknopingspunt. Nooi hulle uit na jou kerk of gemeenskap, en moedig hulle aan, sodat hulle kan ontdek wat ‘n verhouding met God behels!
Aangaande hierdie leesplan
‘n Vreugdevolle, doelgerigte lewe is gegrond op verhoudings, liefde en geloof. Indien jy graag meer duidelikheid wil hê oor God se plan vir jou lewe, neem dan deel aan hierdie plan; dit sal help om jou gefokus te hou om na hierdie plan te strewe en dit te ontdek. Geneem uit die boek, “Out of This World: A Christian’s Guide to Growth and Purpose”, geskrywe deur David J. Swandt.
More
Ons wil graag Twenty20Faith, Inc bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.twenty20faith.org/yvdev3