Lewe ‘n Doelgerigte Lewe!Voorbeeld

Lewe ‘n Doelgerigte Lewe!

DAG 2 VAN 7

“Sleutels vir Suksesvolle Verhoudings”

Elke verhouding, of dit nou met ‘n vriend, familielid, ‘n lewensmaat, of selfs met God is, het twee basiese komponente wat dit suksesvol maak: die liefde en warmte wat tussen die individue gedeel word, en om liefde tot aksie te laat oorgaan.

Die waarheid is dat ware liefde altyd vergesel word met aksie; ‘n ware vriend wat ‘n ander se nood sien, sal hulp verleen. Dieselfde is waar in ons verhouding met God. Ware liefde vir God word vergesel met aksie; God se hart word aangeraak wanneer ons die lewens van hulle rondom ons aanraak.

Om die beste te maak van ons verhoudings met ander, moet ons begin by ons verhouding met God. God verwag dat ons verhoudings met ander ‘n uitbreiding van ons verhouding met Hom sal wees.

Vir ons as gelowiges is ons vertikale verhouding met God en ons horisontale verhoudings met mekaar, die heel belangrikste vir God –  liefde vir Hom en liefde vir ander.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Lewe ‘n Doelgerigte Lewe!

‘n Vreugdevolle, doelgerigte lewe is gegrond op verhoudings, liefde en geloof. Indien jy graag meer duidelikheid wil hê oor God se plan vir jou lewe, neem dan deel aan hierdie plan; dit sal help om jou gefokus te hou om na hierdie plan te strewe en dit te ontdek. Geneem uit die boek, “Out of This World: A Christian’s Guide to Growth and Purpose”, geskrywe deur David J. Swandt.

More

Ons wil graag Twenty20Faith, Inc bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.twenty20faith.org/yvdev3